BRIEWE VAN 2013 SE VASBYTERS en/of HUL OUERS MET HUL FOTO'S

Ons plaas al die briewe wat ons ontvang, onveranderd tensy anders versoek.

ANDER FOTO'S

Beste Andries, ons wou ook al vanaand epos om solank dankie te se vir alles wat julle vir Heinrich beteken het. Hy is nie n man van baie woorde nie, maar sedert Vrydagaand het hy al meer gesels as die vorige paar maande! Ons merk by hom n groot bewondering op v jou konstante kalmte te midde van al die krisisse. Dankie vir daardie voorbeeld, want seuns van daai ouderdom is mos oin die "storm en drang" modus!! Ons praat later weer graag met jou . Sterkte vd regmaak vd sleepwa- jou 3de trip hier op in n paar weke! Groete, Heinie en Ilne Portwig

Liewe Andries,
Baie baie dankie vir die ongelooflike geleentheid wat Jean (en die ander seuns) gehad het saam jou op Kalahari Vasbyt 2013.
Woorde sal seker nie kan beskryf watse invloed dit op hul lewens gemaak het nie!!  Al die ervarings wat hul beleef en gesien het, die lewenslesse, die lag, die grappe, die moeilike en sukkel-tye, die spanwerk, die verskriklike adrenalien en excitement!! 
Vir ons en vir Jean is dit die heel “spesiaalste” dat hy dit saam met jou as leier kon doen en beleef.  Dankie vir jou liefde vir die seuns en dat Jean so ‘n onvergeetlike trip van sy lewe saam met jou en al die seuns kon doen.
Dit waaraan jy hul blootgestel het, geleer het, gewys het en hul laat beleef het, kan alle geld in die wéreld nie koop nie en is ons jou ewig dankbaar vir hierdie passie van jou. 
Kalahari Vasbyt 2013 sal ons en Jean altyd onthou en hom altyd bybly.  Die impak wat dit op hom as seun gemaak het en die belangrikste van als, die spanwerk, vriendskappe en kameraadskap wat tussen hulle en jou ontstaan het, is “for life”!!
Dit is verseker waar wat jy destyds in jou emails gesé het van ons seuns wat soveel vóór die ander kinders gaan wees as hulle terugkom.  Emosioneel, fisies, geestelik en sommer net ‘n sterk solid seun (man), wat weet wat hy is en waar hy in die lewe is!!  Dankie daarvoor!!

Paul Roos se matrieks is vanoggend op hul 2-dae matriekkamp, maar Jean sal jou self nog bel om jou te groet!  Dit was vir hom erg op Kaapstad lughawe dat hy jou nie kon groet nie, want als het so vinnig gebeur.  Hy sal jou ook nog met jou chat op jul facebook-blad.
Wat ‘n voorreg vir Jean om 2 x die jaar saam met jou te kon toer  -  die Europa toer (Jip-toer) Junie 2012 en die Kalahari Vasbyt.
Jy is regtig spesiaal en dis vir ons ‘n voorreg om jou te ken.
Alle sterkte aan jou en jou gesin vir alles wat op jou pad kom.  Ons dink aan jou gedurende hierdie tyd en ons bid vir jou.  Mag jy ‘n gesonde, vreugdevolle en geseénde jaar hê!
Groete
Michéle en Jacques Beukes

Andries

Goeie dag, baie dankie vir die terugvoer aangaande die toer. Ek moet toegee dat ek maar ietwat skepties was en dat dinge ietwat onge-organiseerd voorgekom het, veral uit my perspektief gesien. (Wat nie noodwendig reg is nie.)

Thys het die vasbyt baie geniet, en praat met groot respek en deernis van “Oom Andries”, hy het verseker iets geleer, en dit blyk dat hy die bietjie wat ek hom kon leer ook redelik kon toepas, of so klink dit in elk geval.

So hopelik leer ons almal iets daaruit, en kan hulle jou lesse lank en ver in die toekoms toepas, gebruik en aanpas soos die lewe maar van almal vereis, party meer as ander.

Andries, baie dankie vir jou opofferinge, geduld en liefde vir en met “ons kinders”.

Sterkte en voorspoed ook vir jou en jou familie en word julle seen toe gebid.

Groete
Thys Eloff

Hi Andries
Ryan couldn’t stop talking about the course. For a guy that was that hesitant in the beginning, clearly the experience was one of a life time.
Thank you for all of the effort, time and dedication that you put into the boys.
From the photos that came back, I can see that they had an amazing time.
Regards
Johan de Villiers

Beste Andries

Ek is so dankbaar dat almal van julle veilig by die huis is.  Ek het julle elke sekonde van elke dag opgedra aan die Here vir julle veiligheid en ook dat almal dit sal geniet.  En julle gevolg op die kaart, soos julle program aangedui het.
Andries ek het nog glad nie vir Rikus self gesien nie, net oor die telefoon vinnig gepraat, hy kon nie uitgepraat raak oor die ongelooflike ondervinding nie.  Ek wens die tyd om dat hy vir die vakansie kan huis toe kom, sodat ek elke klein dingetjie kan hoor.  Baie baie dankie vir wat jy en jou span vir die seuns beteken het,  ek weet dat hulle dit nooit sal vergeet nie.
Baie sterkte vir jou ook, vir dit wat voorl ê, ons glo en vertrou dat dit sal goed gaan. 
Ek sal weer nadat ek en Rikus rustig en kalm gesels het, weer met jou kontak maak,  Andries as jy ooit in die Noord Kaap kom, kontak ons asb. en kom kuier asb, dit sal n voorregwees.
Baie groete

Carine

RIKUS BOTHMA SE MA - GIM

Hallo Andries

Jammer ek het jou tyd gemors dat jy nog weer moes verduidelik. Toe ek weer mooi gelees het , het ek dit so verstaan en die betaling gedoen terwyl julle al in die bos was.

Ek wil ook net vir jou uit my hart  BAIE BAIE dankie sê vir ‘n wonderlike tyd wat jy vir die seuns gegee het. Toe ons so hier en daar hoor van die dinge wat gebeur het ,(seuns praat mos nie uit nie) en dit alles deur die jong manne veroorsaak, het ek vir my man gesê: Wat motiveer Andries om weer ‘n toer te reel vir ‘n volgende lot jong manne. Ek sou dit net heel verloor het en gesê het : nooit weer nie. Maar jy doen dit vir ons jong seuns. Sjoe ek dink nie jy besef die impak wat jy maak nie.

Gabriel het jou fyn dop gehou hoe jy reageer in die situasies. Die hele eerste aand wat hy by die huis beland het , het hy nie veel vertel oor die aktiwiteite nie(behalwe die bungy jump), maar hy het net die hele tyd gepraat oor Oom Andries. Hy het jou as ‘n ontsettende positiewe mens ervaar, iemand wat kalm bly en Altyd ‘n plan maak. Jy het hulle goed laat voel en al het hulle droog gemaak soms, het jy hulle altyd laat voel dat jy hulle vertrou. Dit het geweldige indrukke gemaak op hom. Dankie daarvoor. Hy het jou baie geniet. Dankie ook vir die geestelike impak. Waar anders kan mens nader aan die Here wees as in die natuur. Ek wens ek kon ‘n mier wees , op ‘n stomp, om in die aand na al die stories om die kampvuur te luister.

Dan al die aktiwiteite : sjoe hy besef hulle was baie bevoorreg om Afrika so te ervaar saam met ‘n klomp vriende. Die bootritte op die Okavango, die ‘water rafting’, al die kennis van die veld. Onmeetbaar………..

Nogmaals dankie. Die Here sal jou seën. Voorspoed met jou gesondheid. Ons dra jou ook op aan die Hemelse Vader  dat Hy na jou sal kyk en jou versorg, soos jy ons seuns  fisies en geestelik  versorg het.

Groete
Naomi

Gabiel Du Bois
Gabriel du Bois

Hallo Andries
Dit is beslis baie lekker om vir Niel by die huis te hê.  Totdat hy ernstig gevra het om op die Vasbyt
te gaan, was ons nie eintlik bewus daarvan nie.  “Vasbyt vol-bespreek 2013” het plek gemaak vir ons
seun.  Hy was in ekstase.  Behalwe vir jou korrespondensie, het ons nie regtig geweet wat vir hom
voorlê nie.  Nou, na die tyd, verlang hy terug na die Vasbyt en wens hy was nog daar.  Ons weet dit was
goed vir ons seun en sou ons die besluit weer moes neem met die kennis wat ons nou het, sal ons weer
dieselfde besluit neem.  Baie dankie vir die tyd, moeite, liefde,aandag, toewyding en vinnige aanpassings wat
julle moes maak.  Uit alles het hy beslis iets geleer en dit sal hy sy hele lewe met hom saamdra.
Ek hoor dat jou operasie bietjie later gaan plaasvind – ek hoop jy is gesond en beskikbaar vir Vasbyt 2014!
‘n Hele klomp seuns sal beslis armer wees as hulle nie deur jou hande kan gaan nie.

Baie positiewe Vasbyt-ouers.

Elsa van der Wath
Niel Van Der Walt

Andries

Eerstens – baie baie dankie vir die lekker tyd wat Schalk saam met julle kon spandeer en al die moeite
met die seuns – jy het voorwaar n vaderhart vir die seuns en het Schalk baie respek en waardering vir
jou.Ons het maar nog min van al die stories gehoor,want is weer Sondag na Vrydag weer terug Karoo
toe,maar met die aankoms in die Paarl het hy dadelik op die website ingegaan en vir ons van die fotos
gewys en natuurlik meer stories met sy Pa as met my gepraat.Henk was in Angola 85/86 en in die
Valskermbataljon – en hulle is groot “pelle” en het n baie goeie verhouding. (my man het n ‘broerjie dood”
aan softies, lang kuiwe, broeke wat hang en gemaksugtigheid )

Ek hoop regtig ons sal ook die voorreg he om jou te ontmoet en vir jou hier op die plaas kan ontvang.
Ons wag tot jou vir ons kontak.

Sterkte met die operasie – ons dink aan jou !

Karoo groete

Henk en Erika
 

Môre Andries,
Jammer dat ek nou eers na jou te terugkom! Heynie was nou vir seker ` n week sonder `n selfoon, so hy het nog nie jou boodskap gekry nie. Hier by die huis het dit ook maar dol gegaan.
Baie dankie vir al jou moeite met ons seuns. Heynie het die hele Vasbyt-ervaring baie geniet en kon glad nie uitgepraat raak oor alles wat hy beleef en gesien het nie. Ons is nie vir een oomblik spyt hy het die skool se kriekettoernooi gemis nie. Hy het net so baie op die vasbyt geleer. Dit is ook vir ons wonderlik om te hoor watter indruk die moenie-vloek-drink-ens. ding op hom gemaak het. Ons het gedink hy sou die dag na hul aankoms te moeg wees om nog krieket te speel, maar hy was op so `n high, hy het gaan speel, 19 overs geboul en boonop nog baie goed gedoen ook!
Wat die afspraak aan betref, weet ek nie hoe ons gaan maak nie. Heynie is in die Paarl en ons natuurlik hier in die Noord-Kaap baie ver van hom af. Ons sal seker eers weer in die omgewing van die 9de Maart in die Paarl wees vir die Krieket-interskole teen Boys High. Intussen sal ons en Heynie nie mekaar sien of  bymekaar wees nie. Laat weet asb. as jy `n oplossing het. Ons wil baie graag met jou praat.
Sterkte met die gesondheid. Voorspoed vir die week wat voorlê.
Groete

Heynie Nel