BRIEWE VAN 2008 SE VASBYTERS en/of HUL OUERS MET HUL FOTO'S

Ons plaas al die briewe wat ons ontvang, onveranderd ten sy ander versoek.

JULIUS KEMP
WEVELL BROERS
JACQUES MARAIS
FRANS MALHERBE
HANRU REDELINGHUYS
WIMPIE VAN NIEKERK
ATTIE OBERHOLZER
DARREN BOOYSEN
PJ DE KOCK

 

Julius Kemp regs op fot saam met Jacques Marais en Nico Wevell

Beste Andries
Baie dankie vir Julius en dit wat jy duidelik vir hom beteken het met hierdie Vasbyt.  Ek kon 'n positiewe verandering in hom onmiddellik in hom sien.  Sy oë blink, daar straal 'n trots uit hom en hy lyk sommer net GOED.
Alida Kemp

Julius ek het lief geword vir jou,
Vir jou stiltes en jou diepte.
Wat sou ek nie wou gee om ‘n seuns soos jy te kon hê nie!
Aerwee

Andries sk hoop jy neem 'n ruskans. Dit is 'n ongelooflike verantwoordelikheid wat jy op jou neem. Baie dankie vir wat jy vir ons seuns beteken het. Nico en Dennis Wevell se pa.

Nico (bo middel) jy is geensins ‘n atleet vir die baan nie. Jou leergierigheid, hardwerkendheid en deursettingsvermoë. Maak dat ons Meester se woorde by uitstek vir jou bedoel is. Nico jy het die wedloop gehardloop Jy het die stryd voltooi. Jy het die resies gewen en jy het die 3000 gemaak. Nico ek is trots om ‘n Vasbyter soos jy te ken. Ek hoop dat jy ‘n vriend sal bly, sodat ek nog baie van jou kan leer.

Dennis dankie dat jy man met   vaste beginsel is. Ouboet ek bid vir jou, dat jy eendag met gemak sal gesels. Sodat almal rondom jou, jou sprankenkelende persoonlikheid kan ervaar.
Aerwee

Beste Andries
Jacques het nog nie opgehou praat en vertel van alles wat hy beleef het nie!! (vir 'n stillerige ou oortref hy homself). Hy klink en lyk ook sommer gemotiveerd vir die jaar se uitdagings. Baie dankie vir al jou insette, jou
kennis en ervarings wat jy met hul gedeel het, is kosbaar. Dit was 'n onvergeetlike toer met baie hoogtepunte vir Jacques.
Groete.
Inus & Helénè Marais

Jacques is die man wat vlieg en ook die ou heel links op die heel boonste foto. Hy is van HS Stellenberg.

Jacques dit is baie meer jou pragtige persoonlikheid as jou mooi oopgesig wat  ‘n besondere mens maak. Baie dankie aan jou ouers wat hul kossbare seun vir 18 dae aan my geleen het.
Ek sal hul altyd dank verskuldig bly. Aerwee

Frans Malherbe is gr 11 aan die HJS Paarl.

Beste Andries (as ek jou so mag noem!)

Ek het vreeslik uitgesien na jou laaste brief,  tewens, ek het gehoop daar
kom nog een na die toer. Ek wil vir jou baie baie dankie se vir die
geleentheid wat ons kind gehad het om die Vasbyt te kon meemaak. Dankie vir
jou passie vir die jongmense, dit vra seker baie geduld, selfbeheersing en
deursettingsvermoee en veral opoffering. Ons besef dis vir jou gesin
seker ook nie altyd lekker om jou elke vakansie te moet afstaan nie, daarom,
baie, baie
 dankie aan jou maar aan hulle ook.

Frans het so gemotiveerd teruggekom, dis asof hy sommer is 3 weke volwasse
geword het en dis net te danke aan die ondervinding van n leeftyd. Ons het
hom so gemis maar ek sal dit weer en weer doen omdat dit so gebou het aan sy
karakter en ook omdat hy hart en siel daarin was. Ek prys die Here vir mense
soos jy wat moeite doen om kinders se vertroue te wen en bereid is om tyd,
enerigie en geld in hul vorming  in te sit.

Jy is enige tyd welkom by ons, ons sien uit na jou besoek

Mag die Here jou en jou gesin seën met die keur van Sy seeninge.
Nogmaals dankie.

Vriendelike groete

Linda Malherb
e

Frans jou liggaam is veels te klein  vir jou enorme hart.
Frans Malherbe is ‘n wenner wie se naam en telefoon nr almal wat wys is, altyd sal hou.

Jy is ‘n vriend van wie ek net die heel beste verwag.
Aerwee

.

Beste Oom Andries (ou Groote)

Ek het al gehoor van See en Sand,en toe het ek ook gehoor dat dit 'n sondag skool piekniek is in vergelyking met die vasbyt... Ek verstaan nou!

Wat ons van die bos geleer het, al die grappe, hoe diere kinders maak, oor higiéne en die navolge daarvan as ons nie mooi na ons op pas nie (...Jippo Guts) en ook al die vriende wat ons gemaak het is iets wat ek nooit sal vergeet nie!

Jy leer waardeuring vir alles wat jy het, jou bed, warm water... McDonalds, jou familie en ook jou vriende. Toe ek by die skool aankom het almal my heeltyd uitgevra oor hoe en wat die vasbyt is en ek kon hulle nie antwoord nie, want net ware vasbyters weet wat dit is. Ek het selfs die skottelgoed gewas sonder om te kla!

Ek wil net baie dankie se vir al die moeite wat oom insit in hierdie toer, ek en almal waardeur dit ongelooflik. Ek wens oom sterkte toe vir volgende jaar se groep, want dit gaan moeilik wees om 2008 s'n te klop.

Vir die wat dit volgende jaar wil doen wil ek net se dat Oom Andries is die mees interesante man op die aarde,as ons nie vir sy grappe of bosstories lag nie maak hy altyd seker dat ons vir hom lag. Ek bid hard dat hierdie ding nog vir baie jare sal aangaan, dis 'n lewenservaring wat niks kan klop nie.

Jy gaan as 'n seun en jy kom terug as 'n man, 'n vasbyter!
Hanru

Hanru Redelinghuys is in gr 11 by Paul Roos Gimnasium en deur en deur 'n wenner

Hanru dankie vir wat jou getuie vir my kon beteken.
Ek weet ons gaan vriende bly,en ek sien veral uit om meer van jou te leer.
Aerwee

 

Hallo oom Andries

Die week was baie besig en het vreeslik gou verby gegaan. Ek is nog in `n
vakansie bui en leef nog in Afrikatyd. Ek en PJ het dinsdag en donderdag
saam met die atletiek span geoefen en gaan dalk Interskole deel neem, omdat
daar baie atlete is wat in gekom het vir 3 items en net 2 wil hardloop.
Hulle sê hulle is te moeg na `n 3000m om dan nog `n 1500m en 800m te doen.
Ek kla glad nie en sal graag in my laaste jaar wil deel neem. Ek probeer nou
maar elke dag oefen om op die standaard te bly waar ek nou is en my ideal
sal wees om nog net so fiks te wees as die Rugby begin. Ek het die jaar
kwaai kompetisie en sal maar net meer as my beste moet gee.

Almal wil net weet hoe die vasbyt was en `n hele paar van my koshuis vriende
dink daar aan om dit volgende jaar te doen. Ek verseker hulle dat dit oor en
oor die moeite werd is en dat die bietjie see-vakansie wat jy opoffer nie
eens naastenby opweeg teen die vriende wat jy maak en die dinge wat jy leer
nie. Dis regtig `n belewenis. Daars eintlik geen goeie manier om dit perfek
te beskryf nie behalwe as om self op die toer te gaan.

My ma het my foto`s laat ontwikkel en op `n manier dit reg gekry om als op
`n CD te sit. Ek stuur dit saam met die email. Dalk kan oom van dit gebruik.
Die website lyk uitstekend en dis vir my heerlik om vir familie en vriende
te wys en te vertel waar ek was en wat e beleef het.

Dit het regtig vir my die wêreld beteken en ek sal dit vir enige jong man
aan raai wat wil kyk hoe taai hy is. Die lewenslesse wat oom en oom Tersius
ons geleer het sal ek my hele lewe lank onthou. Ek wens ek kon die diere
goed ook onthou. Die skyfies elke aan was altyd iets besonders al was ons
baie keer stok flou.

Ek sien uit daar na om oom weer te sien en oor die vrae te gesels.

Baie baie dankie oom vir die wonderlike voorbeeld wat oom, oom Tersius, FC
en Freddie vir ons gestel het en alles van die beste vir oom-hulle.

Groete

Wimpie

Wimpie is regs bo en ook voor op die onderste foto's.. Wimpie is vanjaar in gr 12 aan die HS Overberg in Caledon

Wimpie dit is so maklik om lief te wees vir jou.
Jou aangename persoonlikheid en entoesiasme is aansteeklik.
Jy is ‘n leier par excellence
Jy is die droom seun vir elke pa of toerpa.
As jy nie suksesvol is nie weet ek jy het aan die suip gegaan. Hou op die pad en jy gaan verseker ‘n wenner wees.
Aerwee

 

 

Kalahari Vasbyt...Attie kom daarmee huistoe. Pa verstaan dadelik en ma trap
water. Gelukkig was die manne sterk genoeg om my uit te stem.

Steeds vol voorbehoud gaan laai ons hom op `n mistige oggend af. Ek put
ongelooflik baie uit die gebed wat gedoen is voor hulle in hulle oranje
lorrie klim. My kop is vol vrae oor die man wat met my seun in die boendoe
in gaan. Ek het nie inligting nie...maar iets sê vir my dit is goed...laat
hom gaan. Praat van "bungy jumping" vir ouers!

Die SMS'e kom deur soos die lang dae verbygaan. Soos `n refrein sê dit elke
keer: "Dit is baaja lekker' in SMS-taal. Amper 3 weke later gaan haal ons
hom by die lughawe. Sy oë is anders. Hy is anders. Tydens die gesels kom dit
uit: "Die PT is maar 20%, die res gaan oor menswees". Ek hoor dit in my kind
se stem.

My kind loop regop en sy oë is volwasse. Geen ouer kan dit miskyk nie.

Erwee, dankie dat die rykdom wat jy in die lewe bymekaar gemaak het, nou ook
met my kind gedeel is. Ons sal baie graag met jou wou kuier en ook baie
graag terugvoer van jou wou kry.

Ek hoop jy hoor ons harte... dankie.

Abré en Magriet Oberholster
 
 

Attie Oberhozer is gr 11 aan Paarl Boishaai. Hy kom van Mosselbaai.

Attie ek het voor die toer baie vir jou gebid

En daarom was ek reg van die begin baie erg oor jou.
Jy is ‘n  besonder mens
‘n  Vriend wat ek aan my sy sou wou hê as die nood regtig druk.
Aerwee
 

Darren is gr 11 aan die HS Grabouw en hy was as 15 jarige die Kleinboet op vanjaar se kursus.

Kleinboet jy is ‘n spesiale jongman.

Jy is ‘n brugbouer en mens wat maklik is om lief te hê.
Jacques dit is baie meer jou pragtige persoonlikheid as jou mooi oopgesig wat jou  ‘n besondere mens maak. Baie dankie aan jou ouers wat hul kossbare seun vir 18 dae aan my geleen het. Nou kan ek ook spog dat ek pa was vir ‘n besondere jongman.

Ek sal hul altyd dank verskuldig bly.
Aerwee

Baie dankie vir 'n baie lekker toer. Ek sal die Vasbyt enige dag weer doen. Dit was regtig baie lekker.

Darren Booysen

Beste Andries
Ons wil sommer net, swart op wit, jou en jou span bedank vir al die moeite, tyd en opofferings wat julle moes insit om hierdie toer so ‘n reuse sukses te kon maak.
 
Net as voorbeeld: Toe julle laat weet het van PJ se klere wat verlore geraak het, was ons nie eens bekommerd nie aangesien ons geweet het julle sal maar net weer ‘n plan maak – soos julle soveel keer onder moeilke omstandighede nuwe planne moes beraam om oor al die hindernisse te kon kom.
 
PJ het die toer verskriklik baie geniet en soveel dinge geleer wat hom verseker baie in die toekoms sal help. Hy kan nie ophou om die stories oor te vertel nie.
 
Baie dankie ook vir die feit dat julle die seuns deur die loop van die toer weer op nuut kon bewus maak van wie die Skepper is van die mooi wêreld wat julle vir 3 weke direk kon beleef.
 
Verder, baie dankie ook vir die kuiertjie op Sandfontein. Dit was regtig lekker om jou hier te hê. Jy is baie welkom om weer hier ‘n draai te kom maak.
 
Baie dankie vir die ongelooflike werk wat jy onder die manne doen en alle seeninge vir die toekoms.
 
Als van die beste,
Japie en Louise
PJ ‘n kleine reus.
Altyd gereed om nog te help
Dankie vir jou hulp en ywer
Maar baie meer nog
Dankie vir jou liefde en vriendskap.
Dankie dat jy by die brug afgespring het.
Al het dit my ‘n traantjie gekos.
Aerwee

Baie dankie vir 'n wonderlike geleentheid wat jy ons kinders gebied het om hulle meer van die natuur te leer en ook hul Christelike fondasie net meer vas te le.  Charles het ongelooflike respek vir jou opgebou.  Ons het 'n seun gestuur en 'n man terug gekry.  Dankie vir die tyd en geduld wat jy aan ons jeug bestee.  Ons bid vir jou sodat jy nog lank met hierdie toere die jeug kan leer van die natuur en ook om hulself te kan handhaaf in alle situasies.  Die ondervinding en ervaring wat hulle in die "Nat" natuur beleef het, sal hul nie gou vergeet.  Nogmaals baie dankie

Charles (links) jy maak dit vir ons moontlik om een Bloubul  lief te hê. Jy kom uit ‘n trotse familie en jou deursettingsvermoë wys dat jy, jou hele familie nog baie trots sal maak.