Temba Travel

KALAHARI VASBYT 2018

Slegs vir ouens wat in 2017 in gr 10 en 11 sal wees.

BESPREEK NOU>>

Tel: +27 (0) 21 855 0395

TOERKOSTE

Die koste van hierdie toer sal R14 300 + USA $ 350 beloop. Dit sluit alle etes, vervoer en ontspanning in. ”Whitewater rafting”, rekspronge (bungy) en die Victoria-watervalle is ook ingesluit. Dit alleen kos meer as VSA $250 per persoon, maar is ingesluit by die prys Dit is 'n uitdruklike voorwaarde vir deelname aan die toer dat jy nie meer as R800 sakgeld mag saamneem nie.

Die USA $350 word vermenigvuldig met die aankoop prys van die dollar soos op 15 November 2017 om 12h00

Kyk wat kry jy: 17 dae vervoer - Vliegtuigkaartjies R1000 - Reksprong US$110 - “White water rafting” US$115 - 17 dae akkommodasie waarvan drie in chalets - Kursusmateriaal R500 - Nasionale Parke-toegangsgelde R3 780 - 17 dae se uitstekende etes - Sertifikaat R450 - Klere en tasse R500 - en nog vele meer vir minder as ʼn vliegtuigkaartjie na Europa.

WANNEER BETAAL EK?

Die eerste deposito van R 2000-00 is betaalbaar met bespreking. Die balans is betaalbaar voor of op 1 Desember 2017. Jou vliegtuigkaartjie vanaf die kus na Johannesburg op 1 Januarie is nie ingesluit nie en dit is ook betaalbaar met die deposito indien jy dit benodig.


WAT IS INGESLUIT BY DIE PRYS:

  • Ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg na enige bestemming in Suid-Afrika op 18 Januarie 2017. Let wel jou vliegtuigkaartjie na JNB is nie ingesluit nie
  • Ekonomies klas vliegtuigkaartjie van JNB na Vic Falls op 2 Januarie 2018.
  • Alle vervoer soos op die program aangedui.
  • Parkfooie, White Water Rafting, Bungee en alles soos in die program genoem
  • Een reissak.
  • Alle etes vanaf die aandete op 2 Jan tot ontbyt op 18 Januarie 2018

WAT IS UITGESLUIT?

  • Jou vervoer of vliegtuigkaartjie na OR Tambo op 2 Januarie is nie ingesluit nie.
  • Daar is niks waarvoor jy sakgeld nodig het nie. Ons het egter nie omvattende of mediese versekering nie. Dit mag dalk raadsaam wees om verskering te kry.
  • Jy moet n paspoort en unabridged gebooorte sertifikaat kry. Jou ouers se name moet op jou geboortesertifikaat wees.
  • Malaria voorkoming is nie ingesluit nie.