Temba Travel

Vasbyt logo


KALAHARI VASBYT 2018

Slegs vir ouens wat in 2018 in gr 10 en 11 sal wees.

BESPREEK NOU>>

Tel: +27 (0) 21 855 0395

Program vir die Kalahari Vasbyt 2018

Ons vertrek op 2 Januarie 2018 vanaf die O.R. Tambo Internasionale Lughawe met vlug BA 6285 om 11:25 en land in Victoria Falls om 1305. As jy betyds inskryf en jou vliegkaartjie betyds koop, gaan jy heelwat spaar. Jy moet om 9h00 op OR Tambo wees.

Daar moet nooit vergeet word dat die Kalahari Vasbyt nie 'n toeriste-uitstappie is nie. Dit is 'n strawwe kursus waarin jy baie lewensvaardighede opdoen. Ons streef daarna om die perfekte plekke te kies wat as dekor kan dien waarin die dinge gebeur.
In 2 uit 6 Januarie 2018: Ons gaan naby Victoria Falls in n skool bly met bykans geen geriewe nie. hier gaan ons, ons toerusting leer ken en basiese veld kuns leer, asook n fotografie krusus doen voordat ons met die aktiwiteite sal begin. Hier sal geen luuksheid wees nie, maar genoeg geleentheid om mekaar te leeer ken en ons in die bos te oienteer.

White Water Rafting
Bungee Vic Falls

4 tot 6 Jan: Victoria-watervalle - Hier besoek ons die watervalle en doen ons rekspronge. Tydens die Vasbyt raak jy van jou fobies ontslae raak en vroegdag gaan jy die 110 m reksprong aandurf. Bloukrans mag die hoogste sprong wees, maar hier by Victoria Falls is dit soveel beter. Die nou kloof, borrelende water en die dou van die waterval dra alles by om die reksprong hier onvergeetlik te maak. Alhoewel daar 'n ongeluk was waarin iemand lig beseer is, is ons absoluut oortuig dat die nuwe veiligheidsmaatreëls meer as voldoende is.

6 tot 7 Jan: Victoria-watervalle na Chobe - Met adrenalien wat nog borrel na gister se ervaring begin ons sommer die dag met opwinding. Die stroomversnellings onder die Victoria-waterval is die heel hoogste in die wêreld en ons gaan dit aandurf. Die “white water rafting” is altyd die hoogtepunt van die ontspanning op die Kalahari Vasbyt.
Daarna gaan ons na die Chobe Nasionale Park naby Kasane in Botswana. Hierdie is pragtige wêreld en ons gaan een nag vertoef om al ons goed reg te kry en sommer net te ontspan.

Sonsondergang by Chobe
Leeu Savuti


7 tot 9 Jan: Savuti - Ons doen eers 'n wildrit langs die rivier voordat ons na Savuti vertrek. Savuti is verseker een van die plekke in Suider-Afrika met die meeste wild.

9 tot 11 Jan: Khwai-rivier, Moremi - Hier is ons binne die Okavango Delta. Khwai is my gunsteling kampplek in die Okavango Delta en daarom bly ons twee nagte hier.


11 tot 12 Jan: Maun - In Maun kry ons ons voorrade vir die res van die safari.

Joha Smit Ontspanne in die Kalahari
Giraffe

12 tot 15 Jan: Sentraal-Kalahari Wildreservaat - Ons eerste dag in die Sentraal-Kalahari het aangebreek. Ongetwyfeld bereik ons hier die hoogtepunt van ons kursus. Dit is ook hier waar jy waarskynlik die naaste aan wildediere sal kom. Dis nie net fisies nie, maar hier gaan jy agterkom wat dit beteken om in harmonie met die Skepper en die skepping te leef. Derduisende vlaktediere trek vanaf laat Desember tot April in Deception Valley saam en hulle word gevolg deur groot troppe leeus en ander predatore. Saans staan jy wag terwyl jou maats slaap. So bou ons vertroue in mekaar en ervaar ons die natuur.

roetemars gasbottel
Slaap in veld


14 Jan: Sentraal-Kalahari Roetemars - Die roetemars is die hoogtepunt van elke Vasbyt-kursus en as jy nie fiks is of geestelik reg gemotiveer is nie, sal jy dit beslis nie slaag nie. Tog hoef jy geen superman te wees nie. Jy gaan genoeg water kry en die regte kos om dit te maak. Selfs ouens wat nog nooit aan sport deel geneem het nie, het in die verlede hierdie uiters moeilike avontuur geslaag omdat hul genoegsaam in hul eie uithouvermoë geglo het.

Sembad
Stoei by Khama

In 15 uit 16 Jan: Rakops: Vandag is n kort reis tot by Rakops. Hier spoel ons die Kalahari sand af en ontspan na die harde roetemars. Ons kry ons bene reg vir die laaste PT en laaste 3000 M.

In 16 uit 17 Jan: Khama Rhino Sanctuary: Ons bly in n jeugkamp terrein, doen ons finale PT, naak alles skoon en reg en doen ons laaste kwalifiserende PT.

17 Jan: Klein Kariba - Die reëls bepaal dat ons vanaand nog die finale tydtoetse moet voltooi. Daarna kan ons lekker ontspan in die warmbaddens. Die glybane was in die verlede baie gewild. Veral omdat ons nie veronderstel was om na middernag daarop te wees nie.


18 Jan: Ons ry tot by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, vanwaar jy terugvlieg na waar jy bly of skoolgaan. Die terugvlug is ingesluit by die prys van die toer.