LETTERS FROM STUDENTS AND THEIR PARENTS

Beste Andries

Kan jy glo so snel hierdie kwartaal verby en dit is Augustus en julle adverteer alweer vir Jip toer 2014.  Ons as ouers herkou nog aan al die lekker stories en al die mooi fotos en bewonder ons geskenke uit Europa, so om vir jou ‘n briefie te tik het agterweë gebly.

Ons as ouers van  Margarethe wil net vir jou Andries en vir Ronel ,as hulle leier, baie baie dankie sê vir al julle liefde en opoffering en moeite tydens hierdie toer.  Margarethe het elke oomblik gate uit geniet ons het behoorlik aan haar lippe gehang die eerste paar dae.   Dankie dat julle dit moontlik gemaak het vir haar om vriendskappe te smee en as jong volwassene die wêreld te sien om nie eers te praat van al die herinneringe nie.

Jou aandeel, Andries in al die bg., word opreg waardeer en mag hierdie toere net van krag tot krag gaan.

Sterkte vir die volgende een.

Groete

Christo en Elmene Wiggins

Jis oom Andries. Wil net weereens vir oom dankie se vir die beste vakansie ooit. Het dit regtig baie geniet! Sal oom sltyd onthou en dankie vir al die lewenslesse wat oom vir ons geleer het.

Groete Pieter Cloete

Beste Andries en Ronell

Ons wil julle net bedank vir die geleentheid wat Hamlin gehad het om op die Jip toer te kon gaan .
As ons na die foto`s kyk en die stories hoor klink dit of sy die toer baie geniet het . Sy het baie
geleer en met baie meer selfvertroue teruggekom .
Sy het jou en Ronell as toerleiers baie geniet en waardeer als wat julle vir haar en die groep beteken het .

Groete

Pieter en Lynne Basson

Liewe Andries en jou hele span

Ons, as ouers van Paul Human (Groep 2), wil net baie, baie dankie sê vir die ongelooflike Europa-ervaring wat hy kon gehad het!! Nou dat al drie ons spruite (Lizahn-2008 en Johannes-2010), Europa saam met jou kon ervaar het, getuig al drie dat dit die heel beste ervaring van hul lewe was.  Die reisgogga het al drie omtrent nou beetgepak. 

Hulle kan nou lekker saam gesels oor al die besienswaardighede en ervarings in Europa.  Hulle het so baie geleer en lewenslange vriende gemaak.  Dit maak vir ons as ouers trots om te sien hoe hul horisonne en wêreldbeskouing verbreed het.

Baie dankie vir al jul puik reëlings en heerlike etes!!

Ons wens julle baie voorspoed toe vir die toekoms en nogmaals baie, baie dankie vir ‘n ongelooflike Europa 2013 toer.

Andries, baie sterkte met jou gesondheid. Ons dink aan jou en jy is in ons gebede.  Die 3-Humantjies is baie lief vir jou.  Soos hul sê: “Oom, Andries is ‘n ‘legend’!”

Groete.
Joshua en Stephanie Human

Hallo Andries
Van ons kant af ook net baie dankie vir die wonderlike toerervaring wat Dahne saam met julle gehad het. Sy het dit baie geniet en het baie daaruit geleer en ons glo haar herinneringe is net aangenaam en sal vir ewig bly.
Baie dankie vir julle moeite met al die reelings wat so glad verloop het asook jou en Theo se leiding en toesig oor die jong klomp so ver van die huis af, dit was voorwaar baie gerusstellend vir ons as ouers om te weet dat hulle in goeie hande is.
Baie sterkte en voorspoed met julle reelings vir toekomstige toere.
Beste Groete
Derik & Annette du Plessis

Hallo oom! Baie dankie se vir die toer en al die moeite en harde werk  wat oom gedoen het. Ek waardeer dit baie. Jac Venter.

Hallo oom! Ek wil net vir oom baie dankie se vir die onvergeetlike toer en al die moeite en harde werk  wat oom in gesit het. Dit was baie lekker en ek sal dit nooit vergeet nie.  Baie dankie vir alles groete Petri Venter.

Beste Andries, Ronell en andere,
As ouers van Chrissie wil ons julle hartlik bedank vir die heerlike toer wat sy so pas onderneem het.  Chrissie kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker alles was nie. Volgens haar moet julle in die toekoms bitter min aan die toer program verander.
Dit was ‘n meer volwasse kind wat ons van alles vertel het en nie genoeg kon dankie sê dat ons haar op die toer laat gaan het nie. Ons waardeer al die moeite wat jul gedoen het met rëelings, kos maak, om hul in toom te hou  ensovoorts. Welgedaan!
Vriendelike groete,
Ronnie en Carien van der Merwe

Hello Andries
As ouers van Heinrich, kan ek vir jou se dat Heinrich dit ongelooflik geniet het en ek dink dat dit ‘n groot voorreg is om so ‘n toer te geniet saam met jou wat ‘n ervare toerleier is.
Seuns praat maar min oor die doen en late van ander, nog minder van hulle self.  Ek hoop van harte dat hy nie een van die grootste kopsere en kansvatters was nie.  Indien jy wel een van die sondebokke is, sal ek graag dit wil weet sodat hy ten minste uit sy gedrag kan leer.  Die grootmens wereld le om die draai en dit is vir my belangrik dat ek nog iets kan doen t.o.v sy optrede voordat dit te laat is of liefs ‘n preek of twee kan inkry.
Karla, wat tans in Gr9 is kan nie wag vir haar beurt op die JIP toer nie.  Ek hoop werklik dat daar nog sulke toere vir die toekoms beplan word.
Nogmals baie dankie vir die geleentheid, kennis en lewenservaring wat jy en die ander toerleiers aan Heinrich gebied het.
Alles wat mooi is vir die toekoms.

Groete

Lierwe Andries

Namens ons as ouers van Pieter Cloete (groep2), wil ons vir jou 'n GROOT dankie sê vir al jou moeite en insette vir die afgelope Jiptoer. Dit was ongetwyfeld vir Pieter 'n besonderse ervaring. Hiervan getuig al die stories asook fotos!

Hierdie ervaring sal hom beslis vir die res van sy lewe bybly! Dankie dat jy vir so baie jare  hierdie groot opoffering aangaan en dit nog elke keer kan geniet ook!

Dankie vir die passie wat jy het vir jongmense!

Ons opregte dank ook aan mnr. Theo Pellissier vir sy reuse aandeel by groep 2 en ook betrokkenheid by die kinders. Ons waardeer ook sy groot opoffering!

Wens vir jul 'n baie geseënde jaar verder.

Groete en beste wense!

De Kock en Helena Cloete

Andries
Baie dankie vir die terugvoer!
Van ons kant af .. duisend dankies!  Dérik het die toer ontsettend baie geniet!  Dit was beslis ‘n onvergeetlike ervaring vir hom!
Ons wil dus met groot vrymoedigheid vra dat jy solank on sander seun Ruvan Theron (Tans graad 10) se naam op die JIP toer vir volgende jaar sit.
Baie dankie
Vriendelike groete
Wiaan en Alta Theron

Hallo Andries
Ek hoop dat die ergste moeg al verby is want jy maar redelik poot-uit by die lughawe gelyk!
Van my, Jolene en Ricku se kant af wil ek jou baie graag bedank vir die lewenservaring wat Ricku in Europa gehad het! Hy kan nie daaroor uitgepraat raak nie en is beslis as jongman daardeur verryk.
Jy het sowaar in 2013 met die VASBYT en die JIPTOER ‘n groot bydrae tot sy grootword gemaak en dit is iets waaroor ons jou altyd baie dankbaar sal wees!
Ek wil graag vertrou dat hy jou nie enige grys hare gegee het nie en sy kant op die regte tye gebring het – soos dit ‘n goeie VASBYTER betaam.
Mag jou gesondheid dit toelaat om baie nog baie ander jongmense se lewens positief te raak – soos jy dit beslis met ons seun gedoen het. Hy is wyser, taaier, oper van gemoed, sterker van gees en doodgewoon net ‘n lekker en aangename jongman en jou bydrae het beslis ‘n groot rol gespeel!  
Mag jy nog baie seën ontvang vir jou rol in jongmense se lewens!
Goedgaan en nogmaals dankie.
Riaan, Jolene, Ricku en Nina Smit
Somerset-Wes

Goeiemore Andries, Ronelle en die ander toerleiers
Baie baie dankie vir Sumaré se heerlike JIP TOER 2013. 
Sy het dit vreeslik geniet, BAIE beleef en fantastiese vriende gemaak!! 
Sy kan nie ophou praat nie, ons kyk foto’s en maak die albums mooi want dit is baie herinneringe.
Dankie weereens vir al jul moeite, tyd, geduld en raad!!
Groetnis en sterkte met die res van die jaar!!
Elzanne

Beste Andries en toerleiers

Baie baie dankie vir die voorreg wat Hendrè gehad het om saam met julle deur die UK en Europa te toer. Hy het dit ongelooflik baie geniet. Baie dankie vir jul tyd en moeite om hierdie groot geleentheid vir ons kinders moontlik te maak.

Groete
Albert en Arina van Zyl
Heidelberg 

Beste Andries
Dankie vir hierdie terugvoer.
Ons het jou en jou dogter nog nie bedank nie en wil ek graag die geleentheid gebruik om julle te bedank vir , wat volgens Anine , ‘n baie lekker , leersame en suksesvolle toer was. Sy het ook spesifiek vir “Oom Andries” baie geniet en vir hom lief geraak!
Die toer het defnitief haar wereldbeskouing en horisonne verbreed en sal ons , as ‘n mens alles moet oorhe, defnitief nie twee keer dink om haar weer te stuur nie . Ons sal in die toekoms julle besigheid en toere met groot vrymoedigheid aanbeveel.
Wat drankmisbruik e.d.m betref is ons saam met jou bekommerd oor wat juis veroorsaak  dat jy dit by sekere kinders en groepe kinders kry en ook wat van party van hul gaan word na skool waar hul op hul eie gaan wees te midde van alle groepsdruk en versoekings en hul dan op hul eie waardestelsel moet kan terugval?
Ons wens julle baie voorspoed toe vir die toekoms en nogmaals dankie!
Boy Louw

Andries,
As ouers van Anel Badenhorst wil ons vir jou baie dankie sê vir die moeite wat jy gedoen het om hierdie so n spesiale toer vir haar te maak.Ek dink min mense sal besef waardeur n mens moet gaan om so iets te reel/organiseer en dit te maak werk vir al die partye.
Baie dankie vir jou toewyding.
Vriendelike groete.
Theo.

Hallo Andries
Ons wil jou bedank vir al die moeite wat jy gedoen het om die toer vir Niel so aangenaam en lekker te maak. Sodoende het sy horisonne verbreed en sal hy vir die res van sy lewe die herinneringe koester. Ons waardeer jou opofferings en moeite regtig baie.
Mooi dag en lekker naweek vir jou. Hoop jy kry kans om al die verlore slaap in te haal.
Groetnis
Tertius & Nola Nimb

Beste Andries
Nou het ek ook uiteindelik die geleentheid om dankie te sê. Dankie vir die reëlings, die tasse, die “entertaining” briewe en dat ons kinders almal veilig tuis is. Dankie vir alles wat jy vir hulle in Europa gedoen het. Dit is ‘n taak wat ek geensins onderskat nie! Jaar na jaar weet jy nooit wat jy kry nie!
Voor die tyd wou ek nie inmeng nie omdat dit vir die seuns soveel geleer het – van UK visums se invul, oproepe maak na jou toe tot begroting. Jac en Petri het voorwaardes vir die toer gehad – hulle skoolpunte moes bevredigend wees en hulle gesindheid mooi en hulle moes hulle eie sakgeld verdien. Die punte was goed, gesindheid reg en hulle het vir twee volle vakansies “lifesaving” gedoen om geld te verdien. Dat hulle elke geleentheid op die toer, goed en minder goed, sou aangryp, het ek geen illusies oor gehad nie! Ek is jammer as dit vir jou ongerief en teleurstelling veroorsaak het. Hulle het egter die 3 weke van hulle lewe gehad!! Hulle oë blink, hulle vertel lekker stories en te midde van alles moes hulle tog verantwoordelikheid ook aanvaar, wat vir hulle werklik baie geleer het. Dankie vir jou bydrae tot my kinders se tiener herinneringe en opvoeding.
Vriendelike groete
Wilmien Venter

Liefste Andries

My meisikind, Chante kan nie uitgepraat raak oor die Jip toer nie. Elke keer as sy daaroor praat is daar n groot smile op haar gesig en haar ogies blink. Ek konni wag vir haar terugkoms nie. Dit was die langste tyd wat ek nog van haar af weg was. By die lughawe was ek oorstelp van vreugde en in trane. My hart het gejubel toe sy ook in trane uitbars, maar toe sy in my oor fluister "mamma ek wil teruggaan Jiptoer toe" het my hart in flardes geskeur.
Met daardie kort sinnetjie wil ek dit net duidelik aan jou stel.
Jou Jiptoer is AWESOME! 
Snaaks dat my seun Werner tot nou toe se dat Jiptoer die beste tyd van sy lewe was.
So ja verandering is goed maar onthou net dat jy n wenresep het so asb moet nie ophou nie want ek het nog twee klein Neitzies van 11 en 8 wat ook moet Jiptoer doen.

Lekker rus en geniet jou huis
Liefde

Carin Neitz

Goeie more ,  Andries en Theo

Eerstens baie baie dankie vir die geleentheid , om te beskryf die gesiggie wat deur die aankoms lokaal verskyn is byna onmoontlik,
n jong meisie met vrede , vreugde en spontane geluk op haar gesig , was vir ons as pa en ma n wonderlike ervaring . Eerste woorde aan ons < dit was die beste vakansie ooit !!!!!!

Sy borrel nog steeds oor al die wonderlike ervarings , vriende oor jou en Theo en die vertroue en verantwoordelikheid wat aan hulle oorgedra is.

Haar eie woorde aan suster is , nou is ek n verantwoordelike mens .  Lekker vir ons as ouers.

Ons sal elke geleentheid aan gryp om ander ouers te inspireer om hulle kinders die kans te gee , soos baie voor ons gedoen het.

Sterkte vir die toekoms , al die nuwe idees en ook aan jou .

Liefde groete

Deon en Suna

Beste Andries

Ek het gisteraand met William gepraat – ek dink jy en jou kollegas het die toer puik hanteer
Dankie vir jul onbaatsigtige moeite

Beste Andries en toerleiers ek wil julle net graag bedank vir 'n wonderlike toer .My dogter het dit ongelooflik geniet en dit is beslis een van die hoogtepunte tot dusver in haar lewe.Sy kan nie genoeg se dat dit baie leersaam ,interresant en baie pret was nie.Ek moet se sy het nooit melding gemaak van die drinkery nie en het jou epos my eers daarvan bewus gemaak.Ek is baie jammer om daarvan te hoor maar ek dink nie jy moet te sleg voel dat jy kwaad geraak het nie dit is soms nodig en julle is verantwoordelikheid vir hulle veiligheid .Dit is ieg 'n euwel dat tieners dink hulle moet drink op so 'n jong ouderdom.

Dankie vir al julle harde werk, ek reis gereeld en ek weet hoeveel reelings en beplanning dit verg  om so 'n toer te maak werk.Ek hoop jy kry darem nou 'n blaaskansie en kan uitrus na die harde werk.

Nogmaals baie dankie dit is 'n lewenservaring wat Tessa altyd sal by bly
Groete Imke van der Westhuyzen

Dankie vir als Andries en Theo, Mignon het dit baie geniet!

Liewe Andries
Ons verstaan dat dit ‘n spesiale mens en spesiale span mense vat om so ‘n lewendige groep jong mense te verstaan en te kan hanteer vir ‘n maand – Ons het baie baie respek en waardering vir julle en alles wat julle doen.
Julle leer beslis vir ons kinders iets meer as net oor die besienswaardighede – en dit is hoekom mense nog vir die volgen 21 jaar ook hulle kids saam met julle sal stuur.
Ons verstaan dat daar seker aanpassings gemaak kan word soos wat die lewe aanstap, maar dit is tog deel van ‘n Europese ervaring dat ‘n mens die besienswaardighede sal besoek – dit is tog ook baie belangrik.
Dit klink wel vir ons ook of die tyd in Nice baie goed was, maar so was die Alpe besoek, Amsterdam, en elke ander plek waar hulle was.
Moenie te hard op julle self wees nie – vir ons seun was dit ‘n wonderlike ervaring – ek glo en vertrou nie dat hy vir julle te veel grys hare besorg het nie.
Baie baie dankie.
Rozitha Oosthuizen

Beste Andries
Dankie vir jou terugvoer oor die toer.  Ek glo elke ma dink haar dogter is ‘n wit opreggeteelde perd..  en die teendeel word dus baie bewys.  Ek het jou en jou dogter se posisies nie beny nie en het groot respek vir julle om so ‘n groot groep te hanteer.  Dit is hartseer om van die drankmisbruik te hoor en indien Vlinder enigsins hierby betrokke was sou ek graag wou weet.  Nie noodwendig om haar daaroor te konfronteer nie, maar om te weet dat sy nie gereed is om verantwoordelik in die samelewing op te tree nie en dus in die toekoms aandag daaraan te skenk.  Ek sal dit waardeer indien daar enige gedrag is wat ek behoort van te weet, dat jy my sal inlig.  Natuurlik sal ek nie die “Oom Andries sê” storie doen nie, maar dit sal my help om meer insig te kry in haar optredes.
Sy praat met groot lof van die toer en ek kan sien dat sy groot geword het.  Haar horisonne het beslis verbreed en sy babbel elke dag voort oor hulle ervaringe.  Die bus is maar een van die probleme wat mens in die lewe kry en moet leer om dit ook te hanteer, dit pla my nie.  Sy het vertel van die kinders wat so vreeslik gedrink het en dat jy hulle laat blaas het.  Ek glo dit was baie leersaam en beslis die moeite werd vir haar en ek kan jou nie genoeg bedank dat jy tesame met dit wat jy in die lewe saamdra, nog krag vir ‘n klomp tieners ook het nie.
Ek hoop om van jou te hoor sodra jy jou voete weer gevind het. 
Nogmaals dankie en baie groete.

Eurica Scholtz

 Beste Eurica

Vlin se optrede was onberispelik en sy is 'n vyfster meisie. Wees trots op haar.

Groete

Oom honderd maal dankie vir alles! Dit was een van my heel beste ervarings en ek is seker dat dit vir lank in my gedagtes sal bly. Jammer vir al die ongeluk wat ons vir oom verskaf het, ek voel baie sleg oor dit wat als gebeur het! Dankie vir al oom se stories en grappies en dat oom die toer regtig lekker gemaak het! Oom se. Toer het my gehelp om meer selfstandig te wees en om meer vir myself te dink. Dankie vir al die kennis wat oom vir ons oorgedra het en ons geleer het dat mens moenie tyd mors op onnodige goed nie! Baie dankie vir al oom se moeite. Oom is die beste!!!!

Groete en klomp liefde
Tessa van der westhuyzen

Baie dankie aan jou vir wonderlike ervaring .Mia v Rooyen het die toer baie geniet ! Sy sal altyd dit onthou.Dankie en lekker rus.Barbara v Rooyen

Baie dankie vir als oom! Dankie dat oom so mooi na my gekyk het toe ek siek was. Ekhet dit baie geniet en sal dit altyd onthou Briers

Goeie Dag Andries

Tanya het gisteraand lekker moeg, maar hoogs gelukkig en tevrede van die vliegtuig af geklim. Die woorde “dit was sonder twyfel die beste tyd van my lewe” is ‘n besondere getuienis van die waarde wat die toer vir haar gehad het.

Ons, as ouers wil vir jou en jou span hartlik bedank vir alles wat julle vir die jong mense gedoen het om dit besonders lekker, leersaam en suksesvol te maak.  Dit klink vir my hulle was ‘n besonderse lekker groep jong mense bymekaar, en dit dra ook sekerlik by tot die belewing van so ‘n toer. Oom Theo Pellisier se naam word ook gereeld met die grootste respek en agting genoem.  Dra asseblief ook ons opregte dank aan hom oor.  

Nou is dit weer terug na die werklikheid…….tot ‘n volgende keer..

Vriendelike Groete

Petrus en Ditsi Cloete (Durbanville)

Liewe Andries en jou hele span!!!!

Ons wil net vir julle spesiaal dankie se vir die wonderlike voorreg wat ons seun gehad het om
saam met julle te kon toer deur Europa.

Ons kannie glo wat hulle alles gesien en ervaar het nie en natuurlik hulle wonderlike eetervarings
saam met julle in die kampe !!!!

Julle reelings moes enorm wees om dit alles so te laat vlot loop, maar baie geluk vir julle en ons
wens julle net alles van die heel beste toe vir die toekoms en dat julle nog baie baie sulke toere
vir ons kinders sal kan aanbied.

Vir Jacques was dit regtig baie spesiaal.
Baie dankie vir elke dingetjie wat julle vir hulle gedoen en geleer het.
Baie groete
Bertus en Rozitha Oosthuizen
(Jacques Oosthuizen – toer 1)

Beste Andries

Dit is vir ons wonderlik om ons kind veilig terug by die huis te hê.Ons kan nie genoeg dankie sê vir al jou reëlings en moeite nie. Vir Jeanette was die toer een van die hoogtepunte in haar lewe en 'n ervaring wat sy nooit sal vergeet nie. Nogmaals dankie! Ons wens vir jou en jou gesin 'n geseënde jaar verder toe.

Vriendelike  groete
Wilhelm, Marisa en Jeanette Naudé