LETTERS FROM STUDENTS AND THEIR PARENTS

Ek kyk nou weer deur my fotos en wil al so lank al vir oom hierdie email stuur, maar kon nie daarby uitkom tot nou toe nie.

Ek wil net rerig baie dankie vir oom se vri al die moeite en die grappies en al die opvoekundige inligting wat oom vir ons en vir my deur gegee het op die toer. Die toer en die ervarings het elke dag my verwagtinge oorskry en kon nie die lekkerte en die vriendskappe wat ek gebou het verwag nie nog minder kon ek dit enegsins beplan.

Ek het rerig die toer baie geniet elke dag,elke oomnblik en dink tot vandag nog baie daaraan en wil net terug gaan! Die wens is dat ek eendag in my lewe weer sal kan terugkeer en ook eendag mense se lewens kan verander soos ek weet oom,Retha,Marius en Regarhdt dit regkry het op beide groepe. Ek wil net ook dankie se vir daai trip wat oom ons gegee het na Capri, dit was vir my regtig spesiaal en hoop oom beplan om volgende jaar ook vir hulle die selfde te gee!

Ek het geen slegte herinneringe van die toer wat ek gehad het nie en gaan dit definitief voorstel en aanbeveel aan mense wat ek ken en hoop regtig dit kan nog lank bly soos dit was en is en dat die doel van die toer,wat ek baie sterk ondervind het, sal aanhou volmaak word!

Weereens baie dankie oom Andries. Hoop Die reelings en dinge vir volgende jaar loop nog sterk, weet van 'n hele paar mense wat klaar saamgaan.

Wens alles van die beste vir oom en oom se gesin toe!

Cobus Coetzee
Groep 1
2012

Ek is jammer ek kom nou eers so laat na Oom toe terug om baie dankie te se vir die lekkerste vakansie van my lewe!!

Baie baie dankie vir al Oom se moeite, nie net op die toer nie, maar ook al die reëlings en organisasie voor die toer. Al die lesings waar by ek so baie geleer het en al die ervaringe. Ek dink nie in al 11 jaar wat ek op skool is het ek so baie geleer as 23dae op die toer nie. Goed wat ek my hele lewe kan saam my neem.

Oom moet ook nogmals baie dankie vir Retha en Marius se, hulle het hulle werk baie goed gedoen... Waar in mens se lewe kan mens soveel wonderlike nuwe vriende in 23 dae kry?? Net op oom Andries se toere!!

Baie dankie dat Oom so lief is vir kinders en dat Oom, Oom se werk met passie uitleef!! Mis Oom se grappies sommer nou bitter baie!!

Oom sal binnekort, dink More, my inskrywing vir die Vasbyt kry, al die stories wat ek gehoor het, kan ek nie so kans laat verby gaan nie. Ek dink dis 'n goeie leerkans vir my, waar ek my self kan vind en meer van myself leer.

Groete daar
Alwyn Lerm (HLS Oakdale)
Groep 1 ('12)

Beste Andries

Graag wil ons net as Adri se ouers vir jou en jou toerleiers baie, baie dankie sê vir die wonderlike toer wat Adri saam met julle kon beleef het.

Vanaf dag een met al die vooraf reëlings, die paspoorte, visums, die Kakies se moeilike visum aansoek ens is daar eerlikwaar nie een enkele ding waarmee ons kon fout vind of nie mee gelukkig was nie. Die proffesionele manier van doen, die gerusstelling dat ons nie bekommerd hoef te wees waar Adri op enige oomblik mag wees nie, al is dit op die verkeerde Liverpool, was regtig 'n riem onder die hart. Ons weet dat die toer seker as een van die hoogtepunte in haar lewe sal uitstaan, daarvan getuig al die fotos, wens ons as ouers kon dit ook doen.

Ons was baie bekommerd dat sy die toer sou mis toe sy geelsug gekry het, maar is bitter dankbaar dat alles uitgewerk het en sy tog kon saamgaan.

Ons sal julle defnitief aanbeveel by ons vriende of enige een wat die toer dalk in die toekoms sou oorweeg. Dit was defnitief "money well spend".

Weer eens baie dankie, sterkte met die reëlings vir 2013.

Groete
Rehan en Elsabé Putter
Tulbagh

Beste Andries,
Ons is ook heelhuids terug van Zimbabwe, maar skynbaar was ons vakansie maar flou en baie boring teenoor wat julle beleef het!
Dit is die tweede keer dat ons ‘n dogter op die Tembatoer het, en dit is die tweede keer dat ons harte oorloop van dankbaarheid teenoor jou en jou span.
Lindi het die tyd van haar lewe gehad en al spyt in haar hart is dat sy nie meer tyd saam met jou kon spandeer nie. Sy het in die kort tydjie baie lief geraak vir jou en ‘n geweldige respek ontwikkel vir jou kennis en manier van dinge doen. “Mamma, die oom is soos ‘n lopende boek en die wonderlikste is dat hy alles so interssant vir ons probeer maak” Sy was natuurlik ook gek oor die “volwasse manier” waarop jy die kinders hanteer – iets wat sy sou geniet aangesien ek beslis soms oorboord kan gaan met ons  jongste. Dit was heerlik om haar te hoor borrel oor alles  - selfs die alkohol waarmee daar ge-eksperimenteer is!
Dus baie dankie dat jy en die span die tyd so onvergeeflik moontlik probeer maak het vir ons kinders, dankie vir die mooi dinge wat jy oor Lindi kwytgeraak het  - dis ‘n riem onder die hart vir  bekommerde ouers wat nie aldag weet hoe hul kinders hul vlerke gaan sprei nie en baie dankie vir geleenthede wat jy hulle bied waarby ons as ouers nie aldag uitkom nie.
Ongelukkig i sons kinders nou op – maar ek werk hard aan my sus om haar tieners te stuur. Mag Temba toere voorspoedig aangaan, mag jou kinders hierdie tradisie voortdra sodat wie weet, ons kleinkinders ook eendag die wêreld deur ‘n ander bril sal sien danksy Temba!

Groete,
Hermie & Annelie Koen

Beste Andries
Net n kort brief om ook vir jou terugvoer te gee oor Mieke se Jiptoer met groep 2 die afgelope paar weke.  
Ek was aanvanklik nie oortuig dat dit die regte ding was om haar te stuur nie.  Ek en Christa het egter herhaaldelik die vakansie vir mekaar bevestig dat dit sekerlik een van ons beste besluite ooit was.  Mieke het natuurlik haar gate uit geniet - maar dit het ek darem verwag!  Wat my opgeval het is nie hoeveel pret hulle gehad het nie, maar hoeveel meer volwasse, ingelig en onafhanklik sy terug gekom het!  Baie dankie vir jou en al die medewerkers se groot aandeel daarin.  Ons waardeer die inset en moeite ontesettend baie.
Vriendelike groete
Ivann van der Merwe.

Andries

Jammer ek stuur nou eers ‘n e-pos om dankie te sê. Ons wil net baie dankie sê vir die wonderlike toer wat Marelize kon mee maak saam met julle. Sy het dit bitter baie geniet en dit het haar oë oopgemaak vir wat in die wêreld aangaan. Dra ook ons dank oor aan Liesel en Madelein.

Vriendelike groete
Kevin en Elize Kemp

Hello Andries

Jy is seker ook al teen hierdie tyd tuis, maar beslis nie uitgerus!
Ek en De Kock wil net vir jou graag 'n baie groot dankie sê vir al jou insette, moeite, reëlings, kosmaak, naelkou, en wat nie nog alles  met jul Europa toer 2012!

Claudia(groep 1), het baie moeg teruggekom en sukkel nog om verlore slaap in te haal, maar ek kan jou sê dis alles die moeite werd. Sy het elke oomblik
baie geniet en beslis BAIE GELEER!  

Ek weet nie of besprekings vir volgende jaar al oop is nie maar wil tog graag vra dat jy vir Pieter ons seun 'n plek sal reserveer indien moontlik en ook as jy dit weer gaan aanpak! Hoop so!

Nogmaals baie dankie aan jou en jou span wat vir ons kinders 'n ondervinding wat hul vir die res van hul lewens sal onthou moonltlik gemaak het!

Groete
Helena Cloete (Riviersonderend)

Beste Andries

Trisha het bietjie siekerig by die huis aangekom met ‘n hoesie, haar stem is weg, en die voet lyk erg ontsteek .Die dokter weet nog nie presies wat fout is nie. Wat sy wel kon praat en vertel wat hoorbaar was deur die fluisterstem, was baie opwindend en baie gelukkig. Sy het haar geweldig geniet, en ons is baie bly dat sy dit op hierdie “jongmensmanier” kon doen. Dis indrukwekkend hoeveel hulle op hierdie ouderdom werklik op hul eie kan rondbeweeg en sinvol kan gebruik maak van hul tyd en omstandighede. Baie dankie vir die geleentheid, en die feit dat ons kon vertrou dat julle weet wat julle doen, en ook bereid is om vir hierdie wilde ouderdom kids verantwoordelikheid te neem. Dit is benydenswaardig om dit so te kan belewe. Ons hoop regtig dat haar gedrag nooit ‘n probleem was nie, want dit klink asof daar wel uitsonderings was.

Weereens baie dankie, en lekker rus!

Groete

Leon en Ingrid van der Merwe

Hello Andries
Kan darem nie die geleentheid laat verbygaan sonder om besondere dankie vir jou te se nie. Die toer het my kind verder gebring op haar pad na volwassenheid - dis gewis. Jy as persoon kan ek sien het 'n blywende indruk op haar gemaak. Dankie ook vir jou wysheid met die oordra van die slegte nuus van my ma se dood. Dit het sake hier vir ons makliker gemaak. Ons beskou die toergeld as "money well spent" en is baie dankbaar vir die geleentheid wat jy moontlik gemaak het. Nogmaals baie dankie. 
Vriendelike groete
Annalien van Aardt

Dankie Andries
Dit is lekker om ons laatlam terug te he by die huis.
Sy babbel aanmekaar oor hoogtepunte en lagwekkende ervarings . Baie min , indien enige , negatiewe.
Jou aanslag met die jongmense is duidelik suksesvol.
Jana self getuig sy sal die toer se herhinneringe vir altyd saamdra.
Beste wense vorentoe.
Hendrik en Hetta    

Baie dankie vir die beste tyd van my lewe

Stef Coetzee

Stef dankie vir die pragtige en baie lekker koek wat saam met jou boodskap afgelewer is. Groete Andries Erwee

Beste Andries

Ons as ouers van CJ wil jou en almal betrokke by Temba opreg bedank vir n wonderlike toer wat ons "wonderkind" kon meemaak.

Hy glimlag van oor tot oor en het in die eerste twee sinne met ons weersiens gesê dat hierdie toer sy lewe verander het!

Sy persoonlike hoogtepunt was St Pauls, daar het blykbaar n koor gesing toe hul instap. Dit was vir hom BAIE BAIE special.

CJ se woorde : "ALS was heerlik! Oom Andries was regtig awesome!  Die kinders vd groep was cool! Ek het baie verlang teen die einde! Het als in my vermoeë gedoen om soveel moontlik te sien. Ek is dankbaar en lief vir julle!"

Wat meer kan mens vra.

Nogmaals opregte dank.

Neels & Hanlie Borstlap

Andries,
Ons kan natuurlik nie wag om ons kind vannaand op die lughawe te gaan haal nie!
Soos jy weet is sms’e maar onpersoonlik , maar ons twyfel nie vir een oomblik dat Carla die toer as onvergeetlik beskou nie.
Dit is alles te danke aan julle relings en ondersteuning, en ons kan nie genoeg dankie se nie!
Baie, baie dankie dat julle vir Carla so mooi opgepas het en aan haar so ‘n onvergeetlike ondervinding gegee het.
Ons is baie trots op haar en baie lief vir haar, en wil glo dat sy darem oral mooi gehelp en opgetree het!
Rus lekker en mag God se rykste seen en liefde oor jou en jou geliefdes kom.
Gail en Theuns  

Ek plaas ook hierdie volgende korrespondensie om objektief te wees en sodat almal kan besef dat ons beslis nie laatkommers gaan duld in die toekoms nie. Baie dankie Ansa dat jy opkom vir wat reg is. A. Erwee

Dankie....waardeer jul moeite met die kinders en jou eerlikheid in die verslag. Ek sal egter graag ook 'n eerlike antwoord wil kry rondom Amsterdam , Vollendam en wat daar gebeur het dat die kinders die geleentheid wat ingesluit was by die toer nie kon bywoon nie?  Ons is uit die aard van die saak minder opgwonde oor dit en ook oor ons onder die indruk was dat jy die kinders eers in London en toe in Amsterdam sou kry , maar hul uiteindelik eers daarna gekry het -- dink dat indien jy by was in Amsterdam die krises wat daar was , beter hanteer sou kon word.   Miskien verstaan ons beter as ons beter ingelig is daaroor.

Groete Ansa Uys

Beste Ansa

Ten einde my program te verduidelik die volgende.  Ek weet werklik nie waar die inligting vandaan kom dat ek hul in Amsterdam sou ontmoet nie.  Ek het hul wel in Londen ontmoet en ’n stadstoer met hul gedoen.  Ek het onderneem om ewe veel tyd met beide groepe deur te bring en ek het tot die ekstreem gegaan om dit wel moontlik te maak.  Ek is tevrede dat dit wel gebeur het.

Die feit van Amsterdam:  ’n Seun het sy paspoort in die trein gelos. Madeleine het die res gevra om op die plek te bly en saam met die seun sy paspoort gaan soek en gekry.  Twee leerders het intussen verdwyn en onder andere teen die reëls gaan bier drink.  Toe was dit weer ’n soektog na die twee. Dit alles het gemaak dat ’n dag vermors is.

Ek was nie tevrede met hierdie stand van sake nie. My opinie is die volgende.
1         Die seun en ’n maat moes sy paspoort gaan soek het en inligting ontvang het waarheen om te gaan.  Madeleine moes aanbeweeg het met die groep.
2         Die ou en meisie wat bier gaan drink het, moes eenvoudig daar gelos gewees het en die aand gehok gewees het.  Mens kan nie soek vir mense  wat hul ore tydelik verloor het nie.

Dit was egter ’n algemene tendens in groep 2 en die pot kan die ketel nie verwyd nie. Daar was van die seuns bitter ongelukkig omdat hulle vir ’n groep meisies in Nice moes wag.  Later dieselfde dag het hul vir ander in Monaco gewag.

Dit is my mening dat niks dit ooit regverdig om te wag vir iemand nie. My beleid is om hul net daar te los.  Toe ek in Parys by was, en vier meisies het dit probeer, het ons summier vir hul weggery.  Hul het hul eie pad gevind en boonop het ek hul die volgende aand in die kamer laat sit.

Ek aanvaar dat almal nie dieselfde oordeel as ek het nie. Ander mense neem met goeie gevolge ander besluite. Ek respekteer die feit dat elkeen die tipe ding op sy of haar manier handteer.

Ek is daarom baie tevrede dat die kinders wel baie beleef het.  Groep 2 was bv. By die Ferrari museum wat nie op die program was nie en groep 1 op verskeie ekstra plekke omdat hul altyd streng by hul tyd gehou het.  Dit sluit Verona en die Romeo / Cleopatrra balkon in.

Ek het altyd geweet dat dit waarskynlik sou gebeur dat iewers iets klein verkeerd sou loop.  In geheel was ek hoogs tevrede met die verloop van die toer.  Veral omdat die terugvoer wat ek van ouers en tieners kry baie positief is.  Ek vertrou dat Ansa ook die toer positief ervaar het.

Vriendelike groete

Andries

Dankie. Dit maak nou sin. En ek is bly dat jul dit die res van die toer anders hanteer het.

Jip , verder is ons ook baie tevrede met die terugvoer. Klink of die kinders veral lekker geeet het by julle en die Madeleine en Lize baie geniet het.

Groete Ansa

Liewe Andries
Hoe kan ‘n mens vir jou genoeg bedank? Baie dankbaar vir die gawe wat die Here jou mee seen! Dit is net spesiale mense wat so ‘n groot groep bevoorregte, 17-jariges, in toom kan hou. Ook al ons dank aan Madeleine en ander kosbare helpende hande. Al jou liefdevolle geduld gaan nie ongesiens verby nie. Ons kan nie wag om moeë gesiggies môre op lughawe te verwelkom nie.
Nogmaals baie , baie dankie!
Liefdegroete
Adél de Wet (Anzel)

Beste Andries

Trisha het bietjie siekerig by die huis aangekom met ‘n hoesie, haar stem is weg, en die voet lyk erg ontsteek .Die dokter weet nog nie presies wat fout is nie. Wat sy wel kon praat en vertel wat hoorbaar was deur die fluisterstem, was baie opwindend en baie gelukkig. Sy het haar geweldig geniet, en ons is baie bly dat sy dit op hierdie “jongmensmanier” kon doen. Dis indrukwekkend hoeveel hulle op hierdie ouderdom werklik op hul eie kan rondbeweeg en sinvol kan gebruik maak van hul tyd en omstandighede. Baie dankie vir die geleentheid, en die feit dat ons kon vertrou dat julle weet wat julle doen, en ook bereid is om vir hierdie wilde ouderdom kids verantwoordelikheid te neem. Dit is benydenswaardig om dit so te kan belewe. Ons hoop regtig dat haar gedrag nooit ‘n probleem was nie, want dit klink asof daar wel uitsonderings was.

Weereens baie dankie, en lekker rus!

Groete

Hallo oom!
Oom, ek wil sommer weer dankie se vir die beste vakansie van my lewe! dankie vir al die plekke wat oom vir ons gewys het en vir alles wat oom vir ons geleer het. Ek mis dit alklaar!
(ek wens ek kon sommer weer gaan.)
Ek dink ons almal het dit so geniet, so baie nuwe mense en vriende ontmoet en so baie memories gemaak dat woorde dit nie eintlik kan beskryf nie.
Hoop dit gaan nog goed met oom,'
Lisa Jean (Lilli) Malan

Dagsê Andries

Net om Baie Baie Dankie te sê vir al die wonderlike werk wat jy doen.  Josh kan nie uitgepraat raak oor die toer nie en as ek hom nie keer nie klim hy in Erina se tas en gaan volgende jaar weer saam.  Ek hoop net hy het hom gedra.  Ek hoor hy vertel van die klomp bier waarmee jy hom gevang het. (Dit was net twee oversize biere A.E)

Hoop jou goeie werk gaan nog ‘n hele klompie jare kinders so verryk soos met hierdie toere.

Erina het reeds haar aansoek voltooi vir toer 1 vir volgende jaar.

Dankie