Temba Travel

EUROPA JIPTOER 2018

'Toer saam met die mense met 26 jaar ondervinding

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

Junie/Julie Jiptoer Tuisblad.

(Media 24, Die Burger, Beeld of Volksblad is nie betrokke by die toer nie)

Na 26 jaar is die Jiptoer steeds suksesvol. Mens moet nie te veel aan ‘n wenresep karring nie en daarom gaan daar nie in 2018 baie veranderinge aan die toer wees nie. Amsterdam is deesdae baie gewild en veral die toevoeging van fietse maak dit ’n besonderse ervaring.

Hierdie toer is altyd maande vooruit vol bespreek. In 2017 gaan daar slegs een toer wees in Junie.
Die idee is dat jongmense Europa veral leer ken, wanneer hulle op hulle eie is. Die feit dat ons korter in stede bly gaan egter niks wegneem van die besienswaardighede wat in die verlede deel van die toer was nie.


Ons bly steeds orals minstens twee nagte en op sommige plekke soos Nice en Lucerne drie nagte.


Die kultuur van die toer gaan geensins verander nie. Ons bly steeds hoofsaaklik in kampeerterreine en neem deel aan kamp aktiwiteite. Ons slaap in jeughostelle of hutte in die kampterrein. Die gewildheid van die toer word grootliks daardeur bepaal. Voeg daarby dat ons vir elke een 'n fiets in Amsterdam gaan huur, sodat jy Europa soos die Europeërs kan ervaar.
Ons maak self kos en daar word van jou verwag om sekere kleiner takies te verrig. Ons voltydse kok doen egter die meeste werk.  Jy moet verstaan dat die sukses van die toer afhang van jou deelname.  Ook van jou deelname aan kombuistake ens.  Dit is wat die toer so spesiaal maak.

 

Daar is normaalweg ʼn disko of bymekaarkom plek vir jongmense in die kamp. Die toerleier geniet hierdie fasiliteite saam met julle. Die disko het egter geen werklike prioriteit op hierdie toer nie. Ons geniet dit as ons kan, maar dit gaan geensins ons program bepaal nie. Alhoewel die toer nie ʼn kerk toer is nie bepaal Christelike norme wat aanvaarbaar is en wat nie.
Jy moet begryp dat jy die vryetyd verantwoordelik moet bestuur en verantwoordelik moet optree tydens die geleenthede wat jy het om te rus. As jy nie kan verstaan dat daar ook verpligte uitstappies is nie, is die toer en jy beslis nie vir mekaar bedoel nie.

 

Swiss Mountains
Ete op Jiptoer

 

Op hierdie toer is dit ons beleid om jou as volwassene te hanteer sover jy ons toelaat om dit te doen. Jy sal dit vanaf dag een ervaar in die baie vryetyd en humor op die toer. Ons verstaan egter ook dat ouers van ons verwag om verantwoordelik op te tree en ons sal alles moontlik doen om hulle verwagtings ook te bevredig. Daarom sal daar sekere basiese reëls geld en dié wat nie daarby wil bly nie, word vriendelik versoek om nie in te skryf vir hierdie toer nie. Optrede wat die toer vir jouself en ander kan verongeluk sal nie geduld word nie.


Die toer is gewild omdat vorige toerlede hul maats van die toer vertel. Ongelukkig lei dit ook tot die versterking van sekere wanpraktyke soos drankmisbruik, uitputting en tydvermorsing. Anders gestel, sommige mense kom op die toer met die gedagte dat dit ʼn drinkerstoer is waarin besienswaardighede en toer (ry) groot opofferings is terwyl die ernstigste aktiwiteit inkopies is. Dit was nooit my idee van ʼn toer nie en dit gaan beslis nie in 2018 die geval wees nie.


Drankmisbruik was in die verlede 'n probleem en ons erken dit. Trouens jy word nie toegelaat om te drink op hierdie toer nie. As jy saans dors is, mag jy 'n bier drink. In die dag mag jy slegs water of koeldrank drink.


As jy slegs daarin belangstel om inkopies te doen en snags te drink is die toer beslis nie vir jou bedoel nie. Ook nie as jy op luuksheid ingestel is nie. As jy oortuig is dat jy iets nuuts en oorspronklik wil beleef en boonop bereid is om by die voorwaardes te hou, sien ek uit na jou inskrywing.


Vir dié wat in 2018 in Gr 10 tot 12 is (15 tot 18 jariges) en daarna uitsien om ʼn beskaafde bekostigbare toer na Europa te onderneem beloof hierdie toer om ʼn hoogtepunt te word.


Die waarde van die toer lê daarin dat tieners leer om in die "global village" te leef en sukses te behaal. Dit kan net gedoen word as almal die doelwitte van die toer onderskryf.


Ons bereik ons opvoedkundige doelwitte deur die tieners geleentheid te gee om Europa ook op hul eie te verken. Om die doelwitte te bereik is dit noodsaaklik om langer op plekke te spandeer. Dit is waarom ons sover moontlik minstens twee nagte op 'n plek vertoef.


Opvoeding is ons passie. Daarvoor het ons selfs al internasionale erkenning gekry. Ons metodes is so dat jy nie eers sal agterkom dat jy besig is om te leer nie. Jy sal waarskynlik die toer net geniet. Ons is vasbeslote om die toer die beste en lekkerste ervaring denkbaar te maak.

 

Vatican City
Amsterdam