Temba Travel

EUROPA JIPTOER 2018

'Toer saam met die mense met 26 jaar ondervinding

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

TOERKOSTE

HIERDIE IS DIE PRYS SONDER DIE LONDEN EKSKURSIE. ALMAL SAL DIT MOET BETAAL.

Die prys van die toer beloop R41 239.00 vanaf Kaapstad of Johannesburg. Die toer kan slegs per tjek EFT of kontant betaal word. Geen kredietkaarte sal aanvaar word nie. Die prys is onderhewig aan ʼn valuta prys van R15.50 teenoor die Euro. Indien die valuta of die vliegkaartjie verander sal die prys weer aangepas word. (enige rigting) Die finale prys sal op 01 Mei 2018 bereken word.


Hoe word die finale koste bereken? Daar word R12 350 synde die vliegtuigkaartjie en administrasie van die totaal afgetrek. = R28 889.00. Die R R28 889.00 word dan deur die oorspronklike wisselkoers gedeel. R28 889.00 ÷ 15.50 = € 1863. Dit is die Euro bedrag vir die toer en die werklike koste van die land reëlings.  Die € 1863 word dan vermenigvuldig met die aankoop wisselkoers van die dag bv €1863 x 15.00 = R28035.00. Dan word die R12 350 weer bygetel. As die wisselkoers versterk R15 sal die toer prys dus daal na R40 385. Indien die wisselkoers sou verswak raak die prys natuurlik meer.

Nice beach front
Nice view

DIE LONDEN GEDEELTE.

Prys van Londen GBP 389-00

WANNEER BETAAL EK?

Die eerste deposito van R 4000-00 is betaalbaar met bespreking. 'n Verdere R4000 is betaalbaar op 1 Desember 2017. Die balans sal op 10 MEI 2018 betaalbaar wees.

WAT IS INGESLUIT BY DIE PRYS:

  • Ekonomiese klas retoer vliegtuigkaartjie vanaf Kaapstad of Johannesburg. Let wel Lughawe belasting van +-R3000 is nie ingesluit nie.
  • Alle vervoer soos op die program aangedui.
  • Alle besienswaardighede, stadstoere en vaarte soos op die program aangedui as ingesluit.
  • Akkommodasie in ʼn hostel of Chalets.
  • Ontbyt en aandete orals behalwe op die skip vir die mense wat die opsionele ekstra neem en in Nice.
  • Een reissak.

Monaco

Jiptoer ete

UITGESLUIT BY DIE PRYS:

  • Visums en paspoorte. Ons sal jou behulpsaam wees met die verkryging van die visums. Jy sal egter die koste daarvan te  wete, 90 Euro, moet betaal.
  • Middagetes
  • Toere nie in die program as deel van die toer genoem nie. Museumfooie en toegangsgelde wat nie ingesluit is by die program nie
  • Sakgeld: Niemand mag meer as Euro 1000 sakgeld bsaamneem nie en 800 is meer as voldoende
  • Versekering +- R600.
  • Lughawe belasting. Ons verwag dat dit minder as R3000 sal wees
  • Middagetes.
  • Aandete voordat ons terug vlieg en ontbyt op die eerste dag anders as die etes op die vliegtuig.
Museum

Boat

TOER KARAKTER:

Daar is baie vrye tyd.
Akkommodasie is beslis nie luuks nie. Soms slaap tot 6 persone in een slaapsaal. Badkamers is selde binne die kamers nie
Die Europese kampeerterrein is nie naastenby so skoon soos die in Suid-Afrika nie.
Daar word soms van jou verwag om te help met skottelgoed en ander klein takies.
Jy word as jong volwassene hanteer, maar enkele reëls word streng toegepas. As jy nie by die reëls soos vervat in die ooreenkoms wil hou nie, moet jy asb. nie inskryf nie.
Dit is beslis nie ʼn drinkers toer nie en Christelike norme word gehandhaaf.
Daar is verpligte uitstappies.