MENINGS OOR APRIL TOER 09

 

Ons plaas graag die menings van toerlede en hul ouers. Ons plaas dit onveranderd tensy ons versoek word om dit te verander of nie te plaas nie?
Liewe oom Andries
 
Waar kan ek begin om dankie te sê vir alles.
 
Hoe nader ek daardie Vrydag aan die lughawe gekom het,  hoe meer het ek gedink ek moes maar bly want ek het niemand geken nie.  Dankie tog ek het deurgedruk!!!  Ek het so baie geleer, gesien en  ervaar en alles omdat oom dit vir ons moontlik gemaak het.  Baie dankie dat ek by oom kon leer dat deur positief te wees baie dinge oorwin kan word.  Baie dankie vir die groot inspirasie wat oom vir my was en sal wees.  Baie dankie dat ek deur oom kon leer dat deur Boontoe te kyk en God in jou lewe te hê 'n groot verskil kan maak.
 
Ek sal die JIP toer definitief vir almal wat wil gaan aanbeveel en wens ek kon ook weer saamgaan.
 
Baie dankie almal vir 'n great toer!!!
 
Danja

Baie dankie vir 'n wonderlike toer en sterkte met die operasie. Oom is rerig vir my 'n inspirasie. Geniet die verjaarsdag.

Groete Blou Bul

Charles Schlesinger gr 12 CVO Vivo

Hallo Oom!
 
Ek wil net vir oom verskriklik baie dankie sê vir die toer.  Dit was ongelooflik lekker!  Ek het nog nooit so 'n beleweins in my lewe gehad nie, en buiten die vasbyt, was dit die mees herhinnerlike ding wat ek tot nog toe beleef het.  Ons almal het dit verskriklik baie geniet en baie geleer.  NIemand sal die toer soos oom kon aanbied nie, en ek sal ook saam met niemand anders daardie toer wou doen nie.  Oom doen dinge net so lekker en oom is baie goed met tieners. Dankie vir al die sports en goeie tye!  Ons sal die toer nooit vergeet nie. 
Ek wil ook vir oom sterkte toe wens vir die operasie.  Ek kan sien dat dit vir oom 'n moeilike ding is en dat daar 'n moeilik tyd voorlê.  Ek glo egter en hoop dat dinge goed sal afloop en dat ek nog baie wonderlike tye saam met oom sal beleef.  Ek wil baie graag meer betrokee by oom se aktiwiteite wees.  Ek en my gesin sal almal vir oom bid.  Ek dink nie oom besef hoe baie oom vir my beteken en watter invloed oom op my lewe het nie.  Ek is baie lief vir oom.  Oom is 'n LEGEND!!!
 
Vasbyt en Jiptoer vir altyd!
 
Christiaan Blignaut
Gr 12 HLS Oakdale

Dis nou al drie dae na die toer en ek kan nogsteeds nie glo dat dit verby is nie.

Presies 'n jaar gelede het ek die menings gelees wat die vorige April-groep geskryf het. Almal het sulke passievolle boodskappe gehad en ek het gewyer om te glo dat een toer soveel betekenis vir 'n persoon kan hê. Ek het wel toe ingeskryf en nie met baie verwagtinge op die vliegtuig geklim behalwe dat ek saam met een van my beste vriendinne die wêreld gaan verken nie.
 
Twee weke daarna bevind ek myself in trane toe ek almal moet groet en terug keer na realiteit. 

Hierdie toer het my siening van die lewe verander a.g.v oom Andries. Oom is so inspirerend sonder om eens te probeer. Oom het my oë oopgemaak en my gemotiveer om te leer en net die beste van myself te verwag. 

Ek het die ongelooflikste mense ontmoet en sal hulle nooit vergeet nie, die Thembane.

Dankie vir die beste twee weke van my lewe, eerlikwaar. 
Liefde,
Anronel Stofberg (links op foto)

Die jip toer was vir my die beste ding of besluit wat ek al ooit in my lewe gemaak het om te doen.
Ek sal nooit ooit spyt wees oor dit nie. Ons was 'n wonderlike groep wat saam was en ek het persoonlik vir hulle almal lief geraak maar oom Andries
oom is die een wat nuwe asem in my lewe en denke in geblaas het en nou maak dat ek met ander oë na alles in die lewe kyk.
Baie baie dankie dat oom die wonderlike geleentheid vir ons kinders aan bied en oom maak dit fantasties ek sal dit weer en weer en weer en weer doen,maar
nou saam met oom. Ek het 'n paar wonderlike pele op die toer gemaak wat ek defnintief for life gaan hou! Ek wil vir elke tiener daar buite se gaan op
die Jip toer dit verander jou lewe.
Ek het in die 2 weke van my lewe meer geleer as in die afgelope 4 jaar. Baie baie dankie vir alles oom en mag dit net goed gaan met oom in die toekoms en mag die Here oom seen want hy hte my geseën deur oom deel te maak van my lewe!

Leë-Andra Bruwer (middel regs)
My mening oor die toer

Die jip toer was vir my die beste ding of besluit wat ek al ooit in my lewe gemaak het om te doen.
Ek sal nooit ooit spyt wees oor dit nie. Ons was 'n wonderlike groep wat saam was en ek het persoonlik vir hulle almal lief geraak maar oom Andries oom is die een wat nuwe asem in my lewe en denke in geblaas het en nou maak dat ek met ander oë na alles in die lewe kyk.
Baie baie dankie dat oom die wonderlike geleentheid vir ons kinders aan bied en oom maak dit fantasties ek sal dit weer en weer en weer en weer doen,maar nou saam met oom. Ek het 'n paar wonderlike pele op die toer gemaak wat ek defnintief for life gaan hou! Ek wil vir elke tiener daar buite se gaan op die Jip toer dit verander jou lewe.
Ek het in die 2 weke van my lewe meer geleer as in die afgelope 4 jaar.
Baie baie dankie vir alles oom en mag dit net goed gaan met oom in die toekoms en mag die Here oom seen want hy hte my geseën deur oom deel te maak
van my lewe!

Leë-Andra Bruwer

Beste Andries

Waar begin ons as ouers om dankie te sê vir al jou tyd, energie en passie wat jy ingesit het om hierdie April toer weer eens tot sy hoogste stukses te maak?

Jy weet Andries, ons het op aanbeveling van ons huisvriende die Gresses van Upington en 'n jongmeisie genaamd "Cat" van Haroldsbaai dit ernstig oorweeg
om Danel deel te laat hê aan hierdie lewensveranderende ondervinding.  Ons is jou en elke mede toerlid ewig dankbaar dat ons die regte besluit geneem het.

Danel, alhoewel sy in 'n miernes van bedrywighede en verantwoordelikhede ingestap het, kon nog nie een oomblik ophou praat oor haar toer, die oom,
haar nuwe vriende nie.  Maar wat ons die meeste opgeval het is die totale verandering wat in haar gesindheid plaasgevnd het.  Sy is bedagsaam,
dankbaar, oplettend, behulpsaam - 'n top 10 tienermeisie!

Ons wil ook weer vir jou dankie sê vir 'n perfek georganiseerde toer.  Vanaf jou eerste email oor toerplanne en geld tot by  hierdie laaste brief gerig
aan ons ouers. Jare se ondervinding het bygedra tot die geoliede wiele, maar vir ons wat dit die eerste keer deurgemaak het was dit opwindend en 'n belewenis om ook tot in Europa te toer saam met epos, fotos, en smsse. Jy het alles so interressant en lewendig vir ons ook gemaak en kon ons nie wag vir die volgende fotos of sms nie.

Van alles is ons die dankbaarste dat jou gesondheid gehou het - uit selfsug omdat ons graag wou hê Danel moes jou as toerleier beleef en andersins omdat
jou laaste woorde aan ons voor jul vertrek uit Kaapstad ons bybly. Jy het gesê hierdie is jou roeping in die lewe...

Andries dit was 'n voorreg om jou deur korrespondensie, 'n vinnige handdruk
en Danel te ontmoet. Vir altyd sal jy 'n mentor in haar lewe wees.

Ons wens Temba Toere alles van die beste toe. Hou so aan met hierdie hoë standaard.

Aan jou familie - hul sê dit is die vrou agter elke man! - maar aan jul as gesin, baie dankie dat Andries die vliegtuig kon betree al was sy gesondheid 'n groot bekommernis. Hoop jul as gesin het 'n kosbare tydjie saam tot seën van wat voorlê met die operasie en al die werk weer daarna!

Andries, ons hartlike dank uit die diepste van ons harte vir die ommekeer in Danel en die herrinneringe wat sy saam met jou en die res van die groep kon maak vir 'n leeftyd.

Omdat ons nou mede gebedgangers is vir jou gesondheid en operasie sal dit hoog op prys gestel word as ons vorentoe weer so 'n email van jou kan kry -
net om te sê hoe dit gaan.

Ons beste wense
Jakkie & Vera Husselmann
Upington (Danel is regs op die boonste 2 foto's en links op die onderste een.)

Liewe oom Andries

Wat 'n anti-klimaks- terug in Upington en die werklikheid. Oom ek kry
waaragtig nagmerries in die aande, skrik wakker en dink ek is weereens laat!

Dinge gaan dol hier en ek het sedert die toer nog nie ophou van hierdie
wonderlike ervaring en nou my beste vriende gepraat nie. Ek sou hierdie toer
met geen ander leier as oom wou doen nie- sonder oom sal die "tembane" maar
vaal wees! Oom se passie, lewenslus, vasbyt en lewenswysheid is 'n
inspirasie vir elke tiener. Dit was werklik 'n groot voorreg en verseker die
lekkerste ding wat ek nog in my lewe gedoen het. Baie dankie dat oom so baie
moeite met ons kinders gedoen het. Dankie vir al die grappies, al die
lewenslesse en natuurlik al die tips hoe om vinnig uit die moeilikheid te
kom. Dankie dat oom regtig uit oom se pad uitgegaan het om vir ons hierdie
toer baie "fun" en 'n reuse sukses te maak. Ek wens oom alle sterkte met die
operasie en ek en my gesin gaan vir oom bid.

Liefde Danel

Beste Andries,

Ek is alweer voor die probleem dat woorde nie kan uitdruk hoe intens dankbaar ek teenoor jou is vir jou bydrae in Julius se lewe nie!  Dat hy oneindig respek vir jou as mens en jou opinies het, blyk so duidelik uit sy vertellings.  So al wat ek in my onmag kan sê is DANKIE en nogmaals DANKIE!

Dat hulle die toer uitermatig geniet het is duidelik! Hy borrel behoorlik!  Ons sien uit na jou kuier by ons en sal graag jou weergawes wil hoor!

Oor jou gesondheid is ons saam met jou en jou gesin dankbaar.  Ons dien 'n wonder God! Wanneer is jou operasie?  Asseblief hou ons op hoogte, of laat jou kantoor ons net op hoogte hou - jy is al so deel van my seun se verwysingsraamwerk, en daarom ook ons huis s'n dat ons graag in gebed saam met julle wil staan.

Andries, nogmaals dankie vir die geleentheid wat jy Julius gegee het.  Die waarde daarvan sal hy lewenslank met hom saamneem.  Mag ons Heer se seën en genade oor jou en jou gesin waghou.  Jou rol en impak in ons jongmense se lewens is so kosbaar en ek dank ons Vader dat hy jou oor Julius se pad gestuur het. 

Groetnis hier van Spitskop!

Laat weet wanneer is kuiertyd!

Alida Kemp

aaaaaaaaah oom, ek mis die toer, my mede-toer-maats en my toerleier verskriklik baie!! dit was rerig n wonderlike ondervinding wat ek nooit ooit sal vergeet nie en waarvoor ek my ouers ewig dankbaar sal bly!
 daar is geen beter gevoel as wanneer jy weet jy kan die ondergrondse treine bemeester nie!! en dan was die tuine van Versails ook n groot hoogte punt vir my en die gondola in Venice.
Ek het baie van myself en van ander op die toer geleer en ek het ook nou n breeer kennis van hoe die wereld se ekonomie werk en dat as ek meer produseer as wat ek uitleef sal ek voorspoedig wees!! ek het al oom se stories geniet op die treine!! baie dankie vir n wonderlike toer!!! ek is spyt ek kon nie sondag op die lughawe wees om vir oom geluk te wens met Oom se verjaarsdag nie, maar ek was wel daar gewees in gees! baie sterkte met oom se gesondheid. Die Here se hand is oor oom en stap die pad saam met oom elke dag!
 
groete michelle