LETTERS FROM THE 2008 GROUP

 

 

Dankie Andries dat jy so toegewyd jou roeping uitleef om die kinders se oe oop te maak oor die wêreld onder toesig. Vrede Pietie Uys

Nicolaas jy is 'n besondere jongman. Glo net in daardie uitstaande vermoëns van jou. Aerwee

Beste oom Andries

Baie dankie vir die ongelooflike toer wat Oom vir ons gereel het. Dit was 'n onvergeetlike avontuur wat ek vir die res van my lewe sal onthou. Soms was ons almal maar moeg en op ander tye het ons net te veel energie gehad. Die hoogtepunt van die toer sal ek sê was die Eifeltoring.

Ek het 'n paar foto's attach wat Oom kan gebruik vir die koerant.  Ek stuur dit met 4 verskillende e-posse.

Groete Lutz

Beste Lutz
Dit was wonderlik om drie van julle gesin reeds op ons toere te kon hê. Jy is 'n wenner en so ook jana. Julle ouers en ouboet en kleinsus is werklik bevoorreg om so 'n broer te kan hê.

Aerwee

Andries,

Baie dankie vir 'n wonderlike geleentheid wat jy vir ons kinders skep om hulle horisonne te verbreed en ook om sommer 'n klomp lewenservaring op te doen.
Sonder jou moeite sou sou die toer net nie so 'n groot ervaring vir die kinders gewees het nie.

Francois kan nie uitgepraat raak oor die toer nie en vir hom was die hele toer die een hoogtepunt op die ander.
Die vriendskappe wat opgebou is, jou en Ronell se leiding en opofferings, die lekker kos wat jy maak.En dan die geweldige klomp kennis wat hy opgedoen het.

My oudste seun Wikus was vier jaar gelede saam met jou op die Julie toer en hy praat nog steeds daarvan.Hulle twee het hulle jonger sussie so aangesteek dat sy nie meer kan wag vir volgende jaar nie want dan is dit haar beurt.

Leon Jordaan

 

Francois, jy is 'n besondere jong man. Jy mag stil wees, maar jou teenwoordigheid vul 'n kamer.

Baie dankie nogmaals. Jy't n blywende positiewe merk op my seun se lewe gemaak waarvoor ons jou ewig dankbaar sal wees. Hy kan nie uitgepraat raak oor jou goeie begrip en insig van hoe n kind dink nie. Ook vir al jou harde werk, tyd en moeite. Sy woorde: Mamma, ek sal nooit die woorde he om vir die oom genoeg te kan dankie se nie... Lekker rus!

Hey Oom

Jammer dat ek eers nou stuur, het `n baie besige week agter die rug. Ek wil maar net nogmaals baie dankie sê vir `n great toer en die beste 3 weke van my lewe. Dankie vir die moeite wat oom in die toer insit, dit maak dit net ekstra spesiaal. Die baie vrye tyd wat oom aan ons gee laat my voel oom hanteer ons soos volwassenes en dink ek maak die toer net soveel beter as ander toere omdat jy so baie van die plekke ervaar op jou eie. Al die plekke wat ons gesien het was great en die naglewe net soveel beter. Die toer het my herinneringe gegee wat ek vir altyd sal onthou en stories om vir die volgende paar jaar oor te vertel. My persoonlike gunsteling op die toer was definitief die ski, die aand wat ons op die Eiffel toring op gegaan het en beslis die manne-aand. Dankie vir die vertroue wat oom in ons het en die onbaatsigtige moeite wat oom ingesit het wat ek kon sien deurdat oom baie aande slegs 3 ure geslaap het om dit vir ons geriefliker en lekkerder te maak. Dankie vir als!

 

Christiaan du Toit is links op die foto (saam met Rudu Viljoen). Christiaan is besonder intelligent en innemend. Ek het geweldig baie by hom geleer.
Aerwee

Dankie vir jul moeite met die toergroep, dat hul dit so kon geniet. Dankie ook vir al jul hulp om Aldene tuis te kry na paspoort episode. Alle voorspoed

Aldene (middel) jy is 'n baie mooi meisie en dit is baie jammer dat jou toer kort geknip moes word deur die feit dat jy jou paspoort verloor het.
Aerwee

Baie dankie vir ‘n ongelooflike ervaring! Ek het dit vreeslik geniet. Dit was 3 weke wat ek vir niks sal verruil nie. Dit was als die geld werd. Ek sal die toer nooit kan vergeet nie. San-Mari Le Roux

Oom Andries, Ronell, Jandre, baie dankie dat julle die toer so 'n ongelooflike ervaring gemaak het vir my.
Op die toer het ek baie lewenservaring opgedoen. Ek moes op my eie regkom en vir myself dink. Dit help jou om aan te pas daarby om onafhanklik van jou ouers ens. te wees. Ek het baie nuwe vriende gemaak wat sommer vinnig diep in my hartjie gekruip het! Ek sal hulle en die toer nooit vergeet nie! Die gees op die toer was ongelooflik en dit was lekker om met almal oor die weg te kom! Ek kon nie uitgepraat raak toe ek by die huis kom om my ouers als te vertel wat ek ervaar het nie, dit hou net nie op nie. Ek sal my ouers altyd dankbaar wees vir die fantastiese geleentheid wat hulle vir my gegee het!! Ek beveel die toer vir elke kind aan!! Liefde San-Mari le Roux

San-Mari (2 de links) jy is 'n binne en buite mooi meisie. Dit was lekker om jou te leer ken. Aerwee

ANDRIES en RONELL 
 
Namens SANMARI en ons as OUERS  wil ons baie dankie sê vir 'n besondere TEMBA TOER wat vir SANMARI haar
lewelank sal bybly in ervaring en herinnering
 
GROETE

Walla en Rina  KOEN

Sanmari dankie vir jou vriendelikheid. Jy is besonders. Aerwee

Baie dankie ve al jul opofferinge Pieter het die toer ongelooflik baie geniet Wense vir n voorpoedige jaar Thanks Marie Smit

Marie julle is bevoorreg om 'n seun soos Pieter (middel) te kan hê. Dankie dat ons hom kon leen. Aerwee

Hi Oom
 
Ons is hard terug aarde toe geruk in die laaste 3 dae by die skool! In elke klas vind ek myself droom oor die toer, ek mis die plekke en veral die mense verskriklik baie.Ons (die Robend0n*rs) probeer regtig hard om weer op skoolwerk te konsentreer, maar dis onmoontlik! Ek is seker meeste van ons pelle is klaar moeg vir ons alewige gebabbel oor al ons wonderlike ervarings!
 
Dit was regtig die lekkerste tyd van my lewe en daarvoor kan ek nie genoeg dankie sê vir oom nie. Oom het dit perfek gemaak en ek dink ook oom is regtig geseënt met oom se vermoë om kinders so goed te hanteer. Ek sal al die stories, grappies en lewenslesse vir altyd onthou. Oom moet ook asb. vir Jahndré en Ronell baie dankie sê, hulle het net nog verder bygedra om die toer meer onvergeetlik te maak!
 
Van my vriende wat op die Junie toer kom het al baie uitgevra oor die toer en ek kon net goeie dinge sê. Ek hoop hulle is net so lekker groep wat oom dalk nog meer kan motiveer om aan te gaan met die toere vir so lank as moontlik, want ek dink daar word van elke persoon wat die voorreg het om so 'n toer by te woon 'n beter mens gemaak.
 
Sterkte aan oom en die hele span met die wonderlike werk. Ek wil regtig probeer in kontak bly met oom en hoor hoe dit gaan.
 

Weereens dankie vir alles en groete van Regardt en al die Mullers.

Regardt jou volwasse optrede maak jou 'n wenner. Jy staan werklik uit en ek glo jy gaan nog baie in die wêreld bereik.

ANDRIES
ONS IS SO DANKBAAR VIR DIE GELEENTHEID WAT REGARDT KON Hê OM SAAM MET JOU EN JOU SPAN  'N ONVERGEETLIKE TOER TE KON MEEMAAK.BAIE DANKIE VIR DIE  KOSBARE LEWENSLESSE, ERVARINGS EN HERHINNERINGE WAT REGARDT VIR DIE RES VAN SY LEWE IN SY HART KAN KOESTER.HY BESKOU DIE TOER AS 'N HOOGTEPUNT IN SY LEWE WAARVOOR ONS VIR JOU BAIE DANKBAAR IS.DANKIE VIR DIT WAT JY IN ONS KINDERS SE LEWENS GESAAI HET!!LEKKER RUS. GROETE JOHAN EN ELDA MüLLER VAN ROBERTSON 

 

 

Oom baie dankie vir 'n wonderlike toer!
Nie enige geld in die wêreld kan dié wonderlike vriendskappe en ervarings koop wat op die toer gemaak is nie. Dit sal vir altyd by my bly en amal het n baie spesiale plekkie. Dankie vir die ervaring van 'n leeftyd. Dit was fantasties.
Marga Olvier

 

Marga, jy is 'n pragtige meisie, wat nog baie in die lewe gaan bereik. Hou aan om in jouself te glo!

Hello Oom

Baie dankie vir alles wat Oom gedoen het om te verseker dat die toer vir my en die 35 ander kinders ‘n wonderlike ervaring was. Ek het dit verskriklik baie geniet en sal defnitief vir enige iemand wat dit enigsens kan bekostig sterk aanraai om te gaan. Jy leer so baie, nie net van die plekke en hul geskiedenis nie, maar ook hoe om onafhanklik en verantwoordelik om te tree, jou vryheid te gebruik, planne te beraam, mooi met jou geld te werk en bowenal om vir jouself te dink.

Dan is daar ook nog die oom se praatjies en demonstrasies oor die ekonomie en ander lewenslesse wat jou denkwyse verbreed en van baie waarde gaan wees verder aan. Die mense op die toer het dit net soveel spesialer gemaak en ek het baie sports saam met my nuwe en ou vriende gehad. Oom Andries, Ronel en Jaendre het ‘n groot bydrae gelewer om die toer glad te laat verloop en dit iets beonders te maak en natuurlik ‘n groot dankie vir die kosmaak want ons het baie lekker geëet.

Ek mis die toer vreeslik en ek sal enige iets doen om weer te kan gaan.

Groete.

 Magriet

Magriet jy is volwasse ver bo jou ouderdom. Dankie vir al die hulp met die kombuis werk. Jy staan werklik uit in n groep.

Nogmaals baie dankie vir die geleentheid wat jy aan ons drie kinders gebied het om die toere te kon meemaak. Dit is onmoontlik om te bereken hoeveel dit vir hul persoonlikheidsontwikkeling beteken het. Maar ek glo dat dit vir hulle ‘n verryking was wat vir hulle lewenslank ‘n groot bate sal wees.

Groete

Neels

Hallo Oom

Ek tik hierdie brief met groot verlange in my hart en hartseer dat die tyd nie terug gedraai kan word nie. Die boodskap is dstadig besig om in te sink en dit waarvoor almal so lank gewag het is in 'n oogknip verby.

Gelukkig is daar 'n klomp wonderlikke herinneringe en 'n paar mense wat nooit die toer sal laat vergeet nie. Oom is onder andere een van daardie mense.

Ek wil maar net vir oom dankie sê vir wat oom vir ons moontlik gemaak het, asook vir alles wat oom vir ons geleer het. Ek het so baie geleer by oom en ek gaan verewig dankbaar wees daarvoor.

Dankie vir alles en ek hoop dit gaan baie goed met oom in die toekoms.

Emile Chantler

Emile my geselsies met jou was besonder interessant en lekker. Aerwee (Emile is regs)

 

 

Hallo oom
 
Dit is 'n groot voorreg om op 'n toer te gaan met toerleiers soos Oom, Ronel en Jandre, 'n toer is net so goed soos sy leiers.Dit was vir my 'n fantastiese ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.
 
Die toer was een van die lekkerste tye van my lewe en ook een van die beste besluite wat ek sover geneem het. Dit is onvergeetlike tye op die toer wat sal maak dat ek nooit ophou praat daarvan nie.
 
Baie dankie vir al die vrye tyd op die toer. Om die treine en busse te verstaan was 'n ervaring op sy eie.
 
Nogmaals baie dankie
 
Mari Kitshoff
Hi Andries
 
Ons wil net baie dankie sê vir die geleenthede wat jy die afgelope maand vir ons kinders en veral ook vir Mari geskep het, iets wat ons as jongmense net van gedroom het!. As ek luister na al die stories, moes dit 'n ongelooflike ervaring vir hulle gewees het.
 
Dankie ook dat ons vir haar met 'n geruste hart aan julle kon toevertrou en nooit enige bekommernisse hoef te gehad het nie.
 
Sterkte met julle beplanning vorentoe en ons hoop dat daar nog sommer baie jongmense die geleentheid sal kry om in die ervaring te deel.
 
 
Johan en Danine Kitshoff

Mari, dankie vir jou positiewe geaardheid. Jy is stil, maar ongelooflik skerp. Gebruik dit tot jou voordeel in die toekoms

Beste Andries

 

Heidi se woorde beskryf die toer : “AMAZING, AMAZING, AMAZING!!”

Baie dankie vir die lewensles wat sy kon terugbring huis-toe en vir altyd met haar sal kan saamdra.

Julle moeite gaan nie ongesiens verby nie – BAIE DANKIE om die toer onvergeetlik te maak vir die kinders.  Soos Heidi sê :  “Die Oom is so COOL en hy doen niks NORMAAL nie!!”

Vriendelike groete

Jeanne Leicher 

Heidi, dankie vir jou bydrae op die toer. Jou borrelende persoonlikheid is aansteeklik.

Dit was 'n "awesome" ervaring wat ek nooit sal vergeet nie! Elke tiener behoort te gaan, want waar anders sal jy saam met Lance Armstrong voor in die bondel klaarmaak (al is dit dan net in Madam Tussauds!), of sulke wonderlike vriendskappe ervaar... Switzerland en Frankryk was regtig
hoogtepunte.

Mia Fourie

Mia, wat sal mens doen sonder jou. Jy is 'n binne mooi meisie. Leef altyd jou skoonheid uit.

Baie dankie vir 'n wonderlike toer.  Michelle het dit vreeslik geniet. Haar hoogtepunt was die ski in Lucerne maar die ete by die Eiffel toring was besonders.
 
Dit wat Michelle die meeste geleer het is om met geld te werk.  Die budget is natuurlik nooit genoeg nie maar om met dit wat jy het uit te kom was groot beplanning. (Dankie vir jou riglyne)  Michelle het so goed by haar budget gebly dat sy terug gekom het met .79 Euro's op haar kaart.

Die geleentheid om in Europa te toer saam met jongmense van haar ouderdomsgroep, plekke te besoek waarvan sy nog net gehoor het, vir die eerste keer te ski en na die Pous te luister op Opstandings dag was 'n geleentheid waarvoor sy baie dankbaar is en ten volle geniet het.  
Nogmaals baie dankie vir jou, Ronel en Jandré.

Groete
Elana

Michelle, dankie vir wie jy is. Jy staan vas op jou waardes en dit is altyd 'n goeie kwaliteit om te hê.

 

"Ek sien nie net die toer as 'n ondervinding van 'n leeftyd nie, maar ook as 'n baie opvoedkundige toer wat jou baie leer oor 'n ander wêreld daar buite. Dit was 'n belewins wat ek nooit sal vergeet nie, en jy maak vriende wat jy in normale toestande nie sou leerken het nie. Dankie vir als wat oom ons gebied en geleer het." Jaco Gouws

Jaco jy is 'n besondere seun. Jy is 'n leier en as jy dit glo kan jy baie bydra tot 'n beter wêreld. Aerwee

Beste Andries
 
Eerder laat as nooit! Kan nie glo die kwartaal is al so lank aan die gang.
 
Andries, ek wil namens ons as ouers en Csilla vir jou BAIE DANKIE se vir 'n wonderlike toer wat ons kind kon meemaak. Dit was vir haar ongelooflik lekker en ek dink 'n wonderlike ondervinding om 'n bietjie op eie houtjie te toer. Tog altyd so maklik om uit Pa en Ma se beursies te leef en agterna te stap.
 
Dankie ook vir die moeite met Csilla se optel in Rome en jammer vir die misverstand. Ook vir al die moeite voorafgaande.
 
Groete

Emily Sebestény

Csilla jy is 'n besondere meisie. Jy is altyd vriendelik en jou lewenslus is aansteeklik.

 

 

Hi Oom

Wil net vir oom ongelooflik baie dankie sê vir ‘n onvergeetlike toer. Ek mis almal al klaar verskriklik baie.

Die 3 weke het letterlik verby gevlieg, kan nou nog nie glo dis al verby nie. Ons het almal baie geleer, baie gelag en baie nuwe pelle gemaak.

 

Dankie vir al oom se geduld met ons en al oom se harde werk. Dit is ‘n toer wat ek nooit gaan vergeet nie en defnintief ‘n toer wat my ‘n ander uitkyk oor die lewe gegee het.

Voorspoed met al die toere wat voorlê.

Lizahn van Eeden

 Lizahn, ju is 'n besondere meisie. Bly altyd so oulik.

ANDRIES`BAIE DANKIE VIR SO BAIE! LIZAHN KAN NIE UITGEPRAAT RAAK OOR ALLES NIE EN VERAL OOR HOE “SPECIAL” DIE OOM IS NIE. DIE OOM IS SO COOL EN MAAK DIE LEKKERSTE KOS!!!!

WEET NET DAT ONS GEWELDIGE WAARDERING HET, WANT DIT WAT JY OPOFFER KAN NIE MET GELD BETAAL WORD NIE!!

DIRK EN ESSIE VAN EEDEN (LIZAHN VAN EEDEN SE OUERS) ROBERTSON